Verified Reviews
Riebeek-Kasteel
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Riebeek-Kasteel
Rated 4.6 out of 5 based on 361 reviews.
"Wyk bietjie af van die meer bekende en besoek die ander baie besonderse plekkies."
"Riebeek-Kasteel is an absolute delight! A small village filled with quirky places and eccentric characters. Eve's restaurant does a brilliant breakfast and Wicked Treats does the best scones. "
"We loved the quaintness and quirkiness of the town. My hubby loved the craft breweries and wine farms. I would only suggest better activities for children, e.g. horse riding, a play pen, a water park or jumping castle, etc. Other than that I loved the quietness and it was very peaceful."
"Genoeg besienswaardighede in die dorp. Geskiedkundige plekke wat besoek moeite werd maak. Omring met pragtige wingerde en kort reisafstande na ander dorpe."
"Riebeek-Kasteel is reeds een van my gunstelingbestemmings in die Wes-Kaap. Ek is bly ek het besluit om dit met familie van Gauteng te deel."
"Red Tin Roof is 'n heerlike restaurant sowat 200 m van Obiekwa. Uitstekende vakansie gewees. "
"'n Heerlike wegkomkans - enersyds gaan jy uitrus en andersyds gaan jy geïnspireerd wees na jou wegbreek - die fotogeniese landskap en die hartlike, kreatiewe mense - jy sal nie anders kan nie. "
"Jammerte dat wetgewing wynplase in die Swartland streek forseer om teen 14:00 toe te maak op naweke (mag nie dan meer drank bedien nie). Dit is tog die hoof aantreklikheid vir toeriste wat dan moet wonder wat om met hulself te doen vir die res van die dag. Ek dink dit kelder beslis die toeristebedryf waarop ons land so staat maak."
"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"
"As jy van goeie wyn en olyfprodukte hou, is dit 'n baie goeie plek! Baie te sien en doen in omliggende plekke soos Darling .Toffiefabriek, kaasfabriek, bierbrouery en wynkelder. Heerlike eetplekkies. "
"Die rustigheid en oorspronklikheid, asook vriendelikheid van die mense in die Vallei, staan uit. Die verskeidenheid eetplekke is ook 'n pluspunt. Sal weer gaan."
"Daar is genoeg om jou vir twee tot drie dae besig te hou. Maar indien jy beplan om langer te bly moet jy maar bereid wees om na ander dorpe ook te ry."
"Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek."
"Goeie restaurante (Beans het baie lekker koffie en ontbyt) en vreeslike mooi omgewing. Definitief die moeite werd om te besoek."
"Ek sou aanbeveel dat die dorpsplein ontwikkel/verfraai word om die hart van die dorp positief te weerspieël."
"Riebeeck-Kasteel is 'n pragtige plekkie, ek sal regtig weer teruggaan, en kan dit vir almal aanbeveel."