Verified Reviews
Riemvasmaak Region
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Riemvasmaak Region
Rated 4.3 out of 5 based on 411 reviews.
"Heerlike kuier restaurant Die Mas van Kakamas, vriendelik, goeie kos, ontspanne atmosfeer."
"Keimoes self het baie agteruitgegaan, maar daar is soveel rondom Keimoes wat ek beslis 'n 5 ster sal gee."
"Keimoes is 'n pragtige dorp, net jammer die strate van die dorp, veral by die middedorp, is baie vuil. Vol rommel."
"Vir mense wat Augrabies wil besoek, sal ek die dorp aanbeveel."
"Netheid en strate van dorp het in twee jaar se tyd baie agteruitgegaan, maar die omgewing is pragtig."
"Mooi omgewing, alle fasiliteite wat selfs groter plattelandse dorpe bied."
"Keimoes en omgewing is so unieke, mooi wêreld. Dis regtig asof jy in 'n ander wêreld is. Jy vergeet van die gejaagde lewe en selfs tyd. Dis regtig die moeite werd om hierdie kant van Suid-Afrika te besoek en dan natuurlik die Augrabiese Watervalle op jou reis in te werk. Die mense is so gaaf en vriendelik."
"Die dorp is redelik baie besig oor naweke met voetgangers. Moet maar versigtig bestuur."
"Ek dink Kakamas is 'n oornag-bestemming, en die dorp is maar soos die meeste ander dorpe verwaarloos met rommel wat rondlê."
"Keimoes is baie lekker, maar as jy oor 'n naweek of op vakansiedae reis, maak maar seker jy het inkopies gedoen, die Spar maak vroeg toe en daar is net een vulstasiewinkel wat so paar basiese goedjies verkoop."
"Ongelukkig het ons Sondagmiddag daar aangekom, en natuurlik was die winkels reeds toe. Sou graag op 'n weeksdag daar wou deurry om 'n meer ingeligte opinie te kan gee."