Verified Reviews
Robertson
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Robertson
Rated 4.6 out of 5 based on 724 reviews.
"'n Juweel van 'n dorp wat 'n mens maklik net deurry en nie tyd maak om te stop nie."
"Die wynproe-uitstappies wat aangebied word op die omgewing se plase was uitstekend. Die Klaasvoogds-vallei is bekoorlik!"
"Wonderlike pragtige, skoon dorp. Heerlike eetplekke en interessante winkeltjies. Beter wynplase as om Stellenbosch. Vreeslik baie om te doen in die omgewing. "
"Die wynplase is pragtig, die mens gasvry en die wyn lekker. "
"Robertson se ligging, die landelike omgewing en rustigheid, vriendelikheid van die inwoners, ens. maak dit iets besonders."
"It's convenient, the shops are so close by and the service at the shopping complex was superb. Robertson itself is a very peaceful town. "
"Goed geleë vir ontspan, stil rustige area met soveel om te doen as jy 'n liefhebber van natuur is."
"Fantastiese plek, vriendelike mense, pragtige natuurskoon en fantastiese restaurante en wynplase in die omtrek."
"Heerlike wynroetes en die dame by die Inligtingsburo was baie behulpsaam met die boek van 'n wyntoer en 'n bootrit. Het ook heerlik gekuier saam met Jeanette wat ons op die wyntoer geneem het."
"Baie lekker dorp met heerlike eetplekke en alles wat mens sou benodig. Baie in omgewing om te sien en te besoek."
"So baie om te doen en te sien, maar moet nie die Breederiviervaart (vanaf Viljoensdrift) misloop nie, asook nie 'n kort uittog na Montagu (pragtige pad wat kronkel deur berge om daar te kom) nie."
"Very clean with lots of old style homes and beautiful view of Langeberg mountains."
"Robertson as toeriste-bestemming is uitstekend, veral as jy 'n wynliefhebber is, met die baie wynplase in die omgewing. Ook die natuurskoon is 'n pluspunt."
"Wat 'n besondere ontdekking van 'n lieflike omgewing wat my aan die Franse platteland herinner het. Klein, rustig, romanties en tog met oulike kunstige winkeltjies en koffieplekkies! Ons gaan definitief in die toekoms weer hier oorbly wanneer ons 'n kans kry!"