Verified Reviews
Rosendal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Rosendal
Rated 4.4 out of 5 based on 85 reviews.
"Dis regtig 'n pragtige dorpie, mooiste kerkgebou en die rustigheid was wonderlik. Ons het Mila en haar donkies baie geniet en heerlik geëet by Benjamins. Jammer dat mooi plekke soos Turksvy Trading nie meer bestaan nie, en dat die dorp nie groei toon nie."
"Wonderlik en rustig. Die dorpie is beeldskoon en goed onderhou. Almal is gasvry en dit voel soos rus vir die siel."
"'n Besoek aan Rosendal word beslis aanbeveel en Witteberg Cottage is ideaal. Die Senekal - Rosendal pad het baie slaggate, maar as jy stadig en versigtig ry is dit nie 'n onoorkombare probleem nie. Ons het dit gedoen in 'n gewone 2 wiel-aangedrewe sedan met lae vryhoogte."
"Hierdie dorpie het diep in ons harte gekruip. Beslis die moeite werd om te besoek. Pragtige natuurskoon en vriendelike mense. Die regte plek as jy wil kom rus en wegkom van die stad se geraas."
"Dis 'n pragtige omgewing, en al die mense en besigheidseienaars ( Oppidam, Yolla's en Benjamin's) was vriendelik, toeganklik en uiters behulpsaam. Die pad vanaf die afdraai vanaf Senekal is uiters verweerd en moet met versigtigheid aangedurf word."
"Die munisipaliteit sal dringend moet kyk na water en kragvoorsiening na die mooi plekkie. Die teerpad is bykans onrybaar met vele slaggate."
"Elke mens in die dorpie is hartlik en gerig op toerisme. Parkeer jou kar en stap en ervaar. Ons was aangenaam verras met die kos! Gunsteling restaurant? Op Die Dam."
"Ons was gedurende die week daar om 'n verjaarsdag te vier, maar maak gerus 'n langnaweek daarvan as meer dinge gebeur, veral op die kunsfront! Vergeet van yuppie Clarens, Rosendal het nog hart."
"Rosendal is 'n pragtige, klein Vrystaatse dorpie. Baie rustig. Inwoners baie vriendelik en hulpvaardig. Oppidam Coffee Shop beslis 'n moet, baie vriendelike diens en Hennie en Rudi se kos is uitstekend. Benjamins word aanbeveel vir die allelekkerste wafels, veral die appelstrudel! Sal beslis weer teruggaan vir rus en vrede."
"Go, you will not regret it. You might even come back having bought a plot of land!"
"The people of Rosendal are trying hard to make there town work and the need our support. Lovely little country town."
"Beveel Rosendal sterk aan. Wonderlike, vriendelike mense. Yolla's, Benjamins en Oppiedam is 3 uitstekende restaurante. Die mark op Rosa se stoep was ook wonderlik."