Verified Reviews
Rosendal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Rosendal
Rated 4.4 out of 5 based on 172 reviews.
"Rosendal is 'n ideale wegbreek vir mense wat wil wegkom uit die stad. Dis nie geskik vir dié wat gemik is op plesier en entertainment nie, maar eerder op dié wat stilte en vrede soek. Benjamin's se waffles is 'n moet en dan ontmoet mens ook vir die twee donkies - Basjan en Oscar. Dis 'n lekker plek vir die siel om te rus."
"Rosendal is die troeteldier-vriendelikste bestemming wat ek al besoek het. Die dorp is stil en rustig, perfek vir 'n wegbreek uit die gejaag van die stad. Die eetplekke is wonderlik en die mense gasvry en kunstig. Jy kan met gemoedsrus gaan stap of fietsry. Die inwonende kunstenaars se produkte is van 'n baie hoë gehalte. Rosendal kan gerus meer ondersteun word!"
"A relaxed and worthwhile trip off the beaten track. Rosendal is everything a rural Free State town should be!"
"Hoewel mens juis Rosendal besoek vir die stilte, is dit dalk belangrik (veral vir enkelreisigers) om daarop te let dat daar op Sondae- en Maandae-aande geen restaurante is om by aandete te geniet nie. Daar is wel 'n koffiewinkel wat bedags oop is. Rosendal is 'n juweel!"
"5 stars if you are looking for peace, tranquillity and interesting things/places to visit."
"Rosendal is getrou aan sy karakter as 'n plattelandse dorpie met 'n groot verskil, nie gekommersialiseer nie, tog alle potensiaal om 'n yuppie-retreat te word, maar dit nie is nie, dankbaar. Genoeg snuffelplekkies met karakter, vriendelike mense en veilig. Rosendal is hoog op ons agenda van naweek wegbreekplekke!"