Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 488 reviews.
"Het heerlik vakansie gehou. Besienswaardighede is besonders en duidelik aangedui. Na ons sewende besoek is dit steeds besonders."
"Elke plekkie wat ons besoek het was 'n belewenis, net jammer dat 'n mens deesdae moet betaal om al die watervalle en die wonder van God se skepping in die natuur, te kan sien."
"Sabie nie soveel om te doen nie, maar die omliggende plekke wat ons besoek het was goeie toeriste bestemmings."
"Sabie is nog altyd 'n waarde-vir-geld-bestemming. En met die dat al die paaie in die omgewing nog in 'n goeie toestand is, maak dit sin om die Laeveld te besoek."
"Fantastiese plek. Kuier al vir jare in Sabie. Ons bly gewoonlik by my sussie. Maar ons was te veel mense vir my swaer se 60ste."
"Sabie is 'n baie mooi, natuurlike trekpleister. Watervalle en mooi omliggende areas om te sien."
"Die omgewing, nie net Sabie, het baie agteruit gegaan. Was baie geskok. God's Windows is regtig 'n totale gemors."
"Sabie is nog altyd vir my en my gesin die beste plek in Suid-Afrika. Maar ongelukkig vandat dit dorp van die jaar was het dit begin agteruit gaan, veral na die Covid 19-pandemie. Ek hoop die munisipaliteit begin hulle pêrel van 'n dorpie reg te maak sodat hulle weer kan tops wees."
"Daar moet meer toeristebemarking gedoen word en die dorpie moet weer in sy volle glorie herstel word. Die plek het baie potensiaal, veral met die klimaat."
"The area is beautiful and conveniently close to Kruger. Just look out for potholes in the dark."
"Sabie is 'n pragtige omgewing en daar is baie besienswaardighede. Die paaie naby die watervalle benodig egter aandag. Dit was die moeite werd om daar vakansie te gaan hou."
"Sabie as dorp het baie agteruit gegaan vandat ek jare gelede daar was, maar dis maar die storie van meeste klein dorpies vandag. Die mense was baie vriendelik en behulpsaam. Ons het ongelukkig onwetend tydens gemeenskapsoproer die dorp besoek, so dit het 'n redelike demper op ons vakansie geplaas."