Verified Reviews
Sandbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sandbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 224 reviews.
"Sandbaai voel soos 'n regte vakansie dorpie en ons het glad nie onveilig gevoel om teen skemer by die see te stap nie. Ons seuntjie kon ook lekker met sy fietsie in die straat ry en daar was baie drawwers en mense wat stap."
"Ons was aangenaam verras hoe Sandbaai uitgebrei het. Die dorp is netjies en sekuriteit sigbaar. 'n Aanwins is die voetpad om seelangs te stap. Sandbaai is 'n goeie vertrekpunt na omliggende strande."
"We found it difficult in the beginning to drive around, till we eventually worked the streets out running in circles. Near Hermanus and Onrus."
"Sandbaai is sentraal geleë om maklik en vinnig by die hospitaal, middedorp, die hawe, die Mall en alle ander winkels, restaurante ens. uit te kom. Die omgewing is pragtig en veilig. "
"Sandbaai is beslis die plek om vakansie te hou, talle swem strande naby en veilig om te gaan stap enige tyd van die dag."
"Kan veilig voel in die omgewing en selfs in besige tye is daar baie spasie. Kan moontlik wees dat daar baie min sand areas en plek vir swem is. Ligging is baie goed en kan maklik beweeg na swemstrande. Kan self sover as Kaapstad besoek sonder dat dit te ver is."
"Die wêreld daar is pragtig. Ek sal enigeen aanbeveel om kwaliteittyd daar deur te bring. Ongeag of dit 'n gesin of twee verliefdes is."
"Die mooi straatnaambordjies en oulike wandelroete voor ons oornagplek het ons beïndruk. Die walvis wat ons van die ontbyttafel kon sien was 'n bonus!"
"Sandbaai is sentraal gelee vir besoekers aan die Hermanus area. Dit is stiller as die gegons van Hermanus self. Daar is baie om te doen en sien in die onmiddellike omgewing."
"Strande, winkelsentrums en besienswaardighede is maklik bereikbaar op uitstekende paaie. Vir vroulief was ons besoek aan die Wonderland Kwekery/tuinsentrum 'n hoogtepunt."