Verified Reviews
Sodwana Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sodwana Bay
Rated 4.4 out of 5 based on 165 reviews.
"Die toegangfooi om die strand te besoek is belaglik, maar dit is skoon en mooi en gerieflik. Ons sal vir seker weer gaan."
"Sodwana is 'n baie netjiese en georganiseerde reservaat. En dis altyd lekker om daar te kuier."
"Al wat sleg is is dat mens moer betaal om by die see in te gaan, maar mense wat daar woon gaan verniet in by die hek."
"Ek was mal oor die mooi strand en see, dis mooi skoon en jy kan orals swem en selfs op die strand ry en parkeer. Daar is ook 'n klein restaurant op die strand."
"Sodwanabaai is 'n baie lekker familie strand! Sodwana self is 'n baie klein, ongerepte dorpie waar jy die nodigste kan kry. Let wel, dat indien daar 'n noodgeval ontstaan die naaste dokter in Hluhluwe is wat 'n hele paar km van Sodwana af is. Een punt wat sleg uitgestaan het by Sodwana is die ingansfooi by die hek van die Wetland Park om by die strand te kom. Hierdie kan regtig 'n mens se sak ruk as jy vir 'n week of twee of langer daar wil vakansie hou."
"Baie rustig en mens kan sowaar die natuur geniet. As mens lief is vir duik is die 'n uitstekende plek. Vat maar als saam wat jy nodig sal kry."
"Sodwanabaai is een van die beste vakansiedorpe wat daar is en dit is steeds baie lekker om soontoe te gaan. Sodwana Bay Lodge se restaurant en Spa kan ons aanbeveel. Restaurante buite in die dorpie is net so goed, veral The Lighthouse. Sodwanabaai sal altyd in harte wees en ons sal beslis weer besoek. Dis 'n juweel op sy eie en iets wat mens self moet ervaar om te besef hoe mooi en ongerep die omgewing is. Die toilette naby Sodwanabaai se strand en Coral Reef Beach Shop is netjies. Die ander naby die hoofstrand kan bietjie opgeknap word."
"I have been to Sodwana Bay a few times and I love the place. There seems to be only one lekker restaurant and as we are not drinkers we didn't think there was enough catering for this (but this we knew). I do not think that the Sodwana Bay website gives a great representation and looks out of date. I also thing that should you want to attract international business that you might want to look at this as well as the mobi-site. I would love to see more activity on land on their website as well as some of the people we were with don't dive. Maybe some one can work with the local community to do guided cultural walks. "
"Geniet altyd die pragtige strand en rotspoele. Die baai sorg vir lekker swerm in die see. Pragtige bos-omgewing."
"Die infrastuktuur van Sodwanna gaan baie agteruit. Daar word geen onderhoud aan die paaie gedoen nie. Die pad deur die vleiland na die see lyk gehawend."
"Is nie heeltemal wat ek verwag het nie, maar as jy wil visvang is dit die plek om heen te gaan."
"Sodwanabaai het gevaarlik geword. Dis 'n mooi geleë plek, maar ons het nie veilig gevoel in Sodwanabaai self en op die agterpaaie nie. Jy het konstant 'agter jou' gekyk. Ons het totaal veilig gevoel by Sodwana View Holiday Cottages."
"Ons gaan nou al 7 jaar in 'n ry na Sodwana en daar is nie 'n beter plek by die see in SA nie."
"'n Goeie basis wat jy kan gebruik om noord KZN to verken. Great vir 4x4-toere."
"We enjoy the place. Especially if diving and fishing and 4x4 is something you love."