Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Trafalgar se strand is nie oorvol met mense nie, maar gaan vroeg oor die parkeerplek beperk is. En onthou die drink- en eetgoed. Vir mense wat meer as strand en luiwees wil doen sal hulle so bietjie moet ry, maar niks is verder as 2 ure se ry nie."
"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."
"My daughter got sick on the third day from the Lagoon water in Uvongo and ended up at the Margate Hospital needing medical attention for dehydration. We only found out from the doctor that there was a raw sewerage pipe burst that contaminated the water. "
"Kan moontlik uitbrei in die toekoms met meer restaurante en wegneem-eetplekke. Op die oomblik moet 'n mens 60 km ry om 'n ordentlike eetplek te kry of as jy iets te ete nodig het. "
"It is an ideal place to take your family for a nice holiday vacation, I cannot wait to return on my next holiday vacation."
St Michael's-on-Sea, South Coast
Falling Waters Guest Lodge"Kort heelwat meer eetplekke en vermaak."
"Baie lekke gekuier. Veilig en strande was skoon, al was dit besig en oor Nuwejaar. "
"Uvongo se strand is baie lekker met die lagoon, en met die rotse aan die agterkant keer dit baie wind. Die dorpie het alles wat mens nodig het en is naby genoeg aan ander dorpe as 'n mens bietjie wil gaan verken. Dit is ook nie te besig soos bv. Margate nie. "
"Ons kan enige persoon aanbeveel om daar te gaan vakansie hou. Alle winkelsentrums is binne bereik. "
"Ramsgate is soveel lekkerder en beter as wat ek verwag het. Het altyd net in die verbygaan na Ramsgate gekyk. Noudat ek dit van naby leer ken het, sal ek baie eerder Ramsgate toe gaan as Margate. Voorwaar 'n juweel waarvan mense nie bewus is nie. Dis stiller as Margate en in my opinie 'n baie lekkerder swemstrand."
"Altyd mooi en baie meer om te sien as net die see. Lake Eland is een van die plekke waarvoor ek 'n besoek sal aanraai."
"Ramsgate sal moet aandag gee aan hulle waterprobleme. Ons het 2 dae vroeër huiswaarts gekeer a.g.v geen water in die area nie wat glo n gereelde gebeurtenis is wat vir dae lank aanhou. "
"Margate is a beautiful place to visit, however, it seems like crime is increasing in the area."
"Ons het baie van ons vakansie gehou. Uvongo se see was baie vuil, het maar elke dag in Ramsgate gaan swem."
"Ramsgate is a great place to have a holiday. There are many beaches in the area that are not too crowded, even over the December period. "
"Die veiligheid in Lawrence Rock is kommerwekkend. Daar was talle inbrake terwyl ons daar was en ons sal nie weer oorweeg om daarheen te gaan nie."