Verified Reviews
Springbok
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Springbok
Rated 4.2 out of 5 based on 646 reviews.
"Springbok is goed geleë op pad na die Richtersveld en ook vir blomme kyk."
"Sjoe, groot winkelsentrum vir so ver noord. Gaan ontdek jouself in die stilte."
"Uitstekende ligging in blommetyd. Opmerklik vriendelike mense in die dorp."
"Die verwagting was om meer blomme te sien in die omgewing, maar ons het nogtans die verblyf in Springbok aangenaam gevind."
"Absoluut pragtige omgewing. Ek het gewaag om op te ry na die Vodacom-toring, en die uitsig was die moeite werd. Ek sal die rit nie aanbeveel vir almal nie!"
"Ek dink die stadsraad kan soveel meer doen om toerisme te verbeter. Springbok is 'n goeie wegspringplek om Oukiep, Nababeep, Port Nolloth, Hondeklipbaai te verken, maar buite Goegap gaan daar nie veel aan in die dorp self nie."
"Jammer van die groot afstand vanaf Pretoria, anders sou ons elke lente daar wil wees. Dis nog goeie outydse Afrikanermense daar en die natuur is van 'n mooie, ruige soort. Die tyd was gans en al te kort om lekker in die plek te kan kuier!"
"Springbok is 'n pragtige dorp tussen klipkoppe. Springbok lodge en restaurant is werklik 'n besienswaardigheid om nie te mis nie. Koop die lekkerste vars dadels daar en kry al die nodige advies."
"Springbok is bekend vir sy sentrale ligging, veral vir blommekykers. Die straatname is duidelik en dit was geen probleem om ons verblyf te kry nie. Net jammer vir die kragonderbreking. Dit het dinge bietjie deurmekaar gemaak, maar steeds was dit nie 'n probleem vir ons nie."
"Pragtigste omgewing en al was daar nie hierdie jaar baie blomme nie, is die omgewing reeds die moeite werd."
"Springbok has everything on offer that one needs, on route or to visit for the flowers."