Verified Reviews
St Helena Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Helena Bay
Rated 4.5 out of 5 based on 1165 reviews.
"There is a need for a public swimming pool or a heated one in the vicinity of the beaches for kids to swim because the sea water is most of the time cold in this area. Britannia Bay is an excellent holiday destination. "
"Lekker stil en rustig as dit is waarna jy soek. Kan omliggende plekke lekker verken vanaf St Helenabaai. "
Britannica Heights, St Helena Bay
Die Velskoentjie"As jy die branders wil hoor klots is dit nie die regte bestemming vir jou nie. As jy stilte en rus en vrede wil hê is dit die regte plek vir jou."
Britannica Heights, St Helena Bay
Die Skilpadjie"Rustige omgewing. Pragtige wegbreek van besige stadslewe. Vriendelike mense."
"Ek en my dogters het die dorpie besigtig. Ons was ook by 'n paar besighede aan. Al die mense was vriendelik en ons is oral met 'n glimlag bedien. Ons was ook Saterdagaand by PJ's Pub en Grill. Daar was ons ook soos welkome gaste ontvang. Baie dankie vir die vriendelike diens wat ons daar ontvang het. Ek sal jul beslis aanbeveel by vriende en kollegas. Ek sal die plekkie aanbeveel vir enige moeder wat 'n bietjie alleentyd met haar dogters wil hê. Nuwe respek en hegter bande is gevorm. Die herinnering sal altyd een van die beste wees vir my en my dogters. Ons gaan probeer om dit 'n jaarlikse instelling te maak. Baie dankie Sea Traders en Britanniabaai dat jul ons eerste moeder-dogter-naweek so suksesvol gemaak het."
Britannica Heights, St Helena Bay
The Lazy Daisies"Kon van Britannica Heights, Paternoster, Vredenburg, Velddrif en Lambertsbaai sien. Veral die nag-uitsig is pragtig. "
"Dis 'n klein skoon dorpie, met soveel juwele op sy eie. 'n Regte plekkie vir ontspan en vergeet van elke dag se besige lewe. Baie dankie. St Helenabaai is een van my gunsteling plekkies nou."
Britannica Heights, St Helena Bay
West Coast Cactus Acc"Die area is baie stil en veilig en lekker hoog geleë. Dink dit gaan oor die volgende 10-15 jaar baie uitbrei."
"Pragtige strandjie. Die dorpie lê uitgestrek met baie arm dele tussenin, maar die see is absoluut pragtig."
"Sentraal geleë en maklik om elke dag in 'n rigting in te ry en die omgewing te verken."
"Area is stil en veilig. Strand is super skoon en mense rondom vriendelik. Beste vakansie ligging in die Weskus. "
"Enigste nadeel is die afstand van 'n kafee of restaurant af. Verder is dit 'n beeldskone bestemming!"
Britannica Heights, St Helena Bay
Journey's End"Dis 'n plek wat jou laat voel jy is op die hoogte van die wêreld met 'n uitsig oor die toekoms en die verlede, rustig en veilig."
"Ek dink dit gaan binnekort dié bestemming in die Weskus wees. Dis nog 'n ongerepte area en hier voel mens jy kan asemhaal. Ek het baie veilig gevoel en alhoewel dit die Sondag 36.5°C was, het dit nie so gevoel nie. "
"Daar is nie veel om te doen nie, maar gelukkig is Paternoster naby. Baie mooi strand en stil. "
Britannica Heights, St Helena Bay
The Lazy Daisies"Baie pragtige plek wat mens rus vir jou siel en baie vrede bied! Selfs skilpadjies in die pad gesien en uile gehoor in die nag. Lafenis vir moeë stadsjapies se siele!"
"Dit is 'n pragtige stil plek. Ons was daar vir 'n troue so het nie baie rondgery nie, maar die stukkie wat ons beleef het, was dat dit rustig en pragtig is. "