Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1024 resensies.
"Hierdie studentedorp bied baie vir persone wat die Wynroetes wil verken. Veilige onderdak parkering (teen 'n stywe fooi) Parkering buite die Mall steeds nie aan te beveel nie. Veilige aanbevole looproetes."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Avemore Eikehof No 2"Baie om te doen en te besigtig, maar parkering is 'n groot probleem. Indien jy wel een kry, betaal jy R12 per uur met kaart, geen kontant word aanvaar nie."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Vin Suite"Lieflike restaurante en winkeltjies. Beslis 'n besoek werd."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Roosenwijn Guest House"Stellenbosch het soveel om te bied van kultuur, natuur tot lekker eet en drink. Beter om die dorp te voet te verken so laat jou kar by die gastehuis, want parkering is skraps. Buite dorp is hoogtepunte Dylan Lewis se beeldhouwerk tuin. Delaire Grass, Babylonstoren, Tokara, Peter Falke, Waterford, bied elkeen 'n unieke ervaring. Probeer ook die Grand Ladies soos Meerlust en Kanonkop. "
"Dalsig is 'n netjiese woonbuurt in die meer gegoede area van Stellenbosch. Dis 'n ideale oornagplek vir vir besoekers met mooi uitsigte op Stellenbosch se berge."
"La Colline is 'n woonbuurt. Dit is naby al die belangrike toeristebestemmings in die Stellenbosch omgewing."