Geverifieerde Resensie
Steytlerville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Steytlerville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 46 resensies.
"Ons besoek die area gereeld en sal definitief weer gaan. Baie van die besienswaardighede was ongelukkig toe op die Saterdag, maar ons sal hul weer gaan besoek. Pragtige dorpie met vriendelike mense."
"'n Pragtige, opgepaste Karoo-dorpie. Strate is skoon en geboue word regtig mooi gerestoureer en opgepas. Beslis 'n dorpie wat op jou reislysie moet wees!"
"Pragtige skoon dorp en lekker om te hoor hoe kinders lag en gesels in die hoof straat."
"Die Royal Hotel vir drankies en etes. Dit is 'n aangename dorpie met mooi geboue en huise. Alles is loopafstand."
"Pragtige kerk met interessante tuin. Die bordjies met die familiewapens kan bietjie opgeknap word."
"Steytlerville is a place to relax, the people of Steytlerville are so welcoming and friendly. Die Rooi Malva is definitely a place to pop in for a quick bite. "
"'n Interessante Karoo-dorp, maar die fasiliteite is maar dun. Ons moes werklik hard soek om 'n skaapvleisie te kry - ons het gebrip vir die droogte, maar dis goed om bedag te wees indien 'n mens ver ry en dan gou ietsie wil aanskaf vir 'n braai of 'n pot."
"Verskriklike netjiese dorpie. Tot die kinders staan reg met hark om skoon te maak. Baie vriendelike mense."
"Tipiese klein Karoo dorpie. Ons het baie lekker geëet by die Royal Hotel wat uit hulle pad gegaan het om ons te help 15 min nadat hulle al toegemaak het."
"Unieke dorpie, met baie mooi, ou argitektuur. Alhoewel dit op die stadium baie droog is, is die natuur baie mooi in die Steytlerville-omgewing."
"An interesting dorpie with pretty much only the Hotel with any sort of life at night. The road from Willowmore is very dangerous at night!"
"Die omgewing is asemrowend mooi. Rotsformasies wat verbyster. Paaie baie goed in alle rigtings."
"A remote town in the Karoo, but wonderful for relaxing and enjoying the environment. Gives you a perspective on towns in South Africa - also visited Michelle Prinsloo at her coffee shop which is very worthwhile. "