Verified Reviews
Still Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Still Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 715 reviews.
"Dis seker die skoonste strand wat ek al ooit gesien het. Die dorp is ook skoon en netjies. Baie mooi plek."
"Stilbaai se inligtingskantoor skep die indruk van suinigheid. Toe ons vra vir kaarte van staptogte in die omgewing, is ons gevra om met ons selfone foto's te neem van kaarte, wat in die kantoor vertoon was. Die veiligheid is merkwaardig, min sekuriteitsmaatreëls is nie werklik op hierdie stadium nodig nie. Die openbare tuin in Stilbaai-Oos verdien 'n pluimpie vir sy interessante uitleg en goeie toestand. Die aanbied van Stilbaai se parkrun op 'n Saterdagoggend is beslis 'n groot aanwins vir die dorp."
"Preekstoel is 'n moet. So rustig soos kan kom. Ons was so 5pm see toe en daar was net 2 ander besoekers. Ghians Grill is 'n moet, ons was ook by Kasselshoop Cheese, dis 'n lekker ervaring."
"Aangename, rustige, plattelandse atmosfeer. Mooi piekniekplekke en genoeg stap- en sitplek langs die see."
"Lieflike dorp, met alles wat nodig is naby en bekombaar. Lekker swemstrand vir kindertjies."
"A lovely, quiet, clean place. People are very friendly. Lots of restaurants to choose from."
"Stillbaai is 'n heerlike plek met alles wat 'n mens benodig. Wil baie graag weer teruggaan soontoe."
"Stilbaai sakekamer kan gerus hul gastebedryf aanmoedig om alternatiewe dienste soos solar en inverters, Wifi inverters en gasgeysers ens. aan gaste te verskaf. Nie almal kom om in die donker te braai nie."
"Stilbaai is pragtig en vir ons is die rivier 'n lieflike swemplek. Mens voel selfs in stiller tye veilig om daar te swem."
"Still Bay is in general a beautiful place, we enjoyed every second and recommend it as a place to spend with family and friends as a getaway."
"Dis die perfekte vakansiedorp waar mens as gesin saam tyd kan spandeer, maar ook waar jy heerlik saam met vriende kan kuier. Die rivier en die see maak dit perfek!"
"Space for small children to play in the river and the sea. Ideal for kite surfing, swimming, hiking, park runs on Saturdays and many more outdoor activities."
"Stilbaai is 'n baie mooi plek en baie om te doen in area. Baie lekker eetplekke, asook koffiewinkels. Wind was maar baie sleg gedurende Desember, maar dit is algemeen die tyd van die jaar."