Verified Reviews
Strand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strand
Rated 4.6 out of 5 based on 801 reviews.
"Baie akkommodasie op Kusweg beskikbaar, maar min eetplekke beskikbaar of dan swak bemarking van plekke weg van Kusweg geleë. "
"Goed geleë. Naby alles en heerlike strand om te gaan stap. Saans heerlike koel luggie."
"Oorsese strande kan maar vergeet om by hierdie pragtige spierwit strand te kom. Die weer was lieflik en as die wind waai, vlieg jy 'n kite! As dit reën is die wynplase naby genoeg om lekker te gaan eet en wyn te proe! Baie lekker naby die lughawe en winkelsentrums!"
"Ken die Strand van kindsbeen af plus het familie wat daar woon, so dis nou al meer soos huis as toeris."
"Strand is 'n pragtige plek. Beste is om op die hoofpad te bly sodat jy die son en see ten volle kan geniet."
"Dit is beautiful, 'n mens voel so veilig om lang ente te stap. Dit was ook baie skoon. Daar is genoeg goed om te doen as die wind waai - en om dan sommer net te sit en kyk na die golwe is ook "stunning"."
"Daardie myle lange strand laat jou seker maar dink dit is waar die Strand sy naam vandaan kry. Daar is meer as genoeg eet- en kuierplekke. Die water is mooi in die baai en as jy die see roete langs die kus ry is dit ongelooflik mooi. Somerset Mall is great."
"I love Strand. I've been having holidays there since about 1968 and still love Strand."
"Dit was ons eerste keer in die area en ons het dit baie geniet, dit gaan definitief nie ons laaste keer wees nie."
"Ek dink die Strand is 'n heerlike bestemming. Daar is voor en nadele aan One Fine Stay se ligging: voordeel: nie so besig en lawaaierig soos by die ander gedeeltes nie - lekker stil. Nadeel is dat die lekker swemstrandgedeelte 'n entjie weg is."
"Alles wat jy benodig is daar. Baie rustiger as die Kaap en daar het jy waardevolle tyd saam met jou gesin."