Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 269 resensies.
"Lieflike lang strand om op te gaan loop. Somerset Mall is sommer naby en alles is binne 10 minute se ry van Strand af."
"As die weer mooi is, is dit 'n fantasties bestemming, maar winderige dae moet maar saamgeleef word. Valsbaai se watergehalte is swak en sal nie vis eet wat daar gevang word nie, met al die vullis wat afspoel uit informele nedersetting."
"Ons was daar vir `n begrafnis - nie as toeriste nie. Sal nie sommer weer na die Strand toe gaan nie - jy moet hou van woonstelblokke en winkels langs die see. "
"Die strand is mooi en is naby baie pragtige dele en besienswaardighede in die omgewing."
"Ek is natuurlik verslaaf aan my tyd by Strand. Love die strand, lekker lang wandelinge en so half 'n mengsel van cosmopolitan en gewoon wees, wat lekker is!"
"Die strand is lieflik en as die weer dit toelaat, kan mens heerlik lang ente gaan stap. Dis nie te ver van Somerset Mall nie en parkering daar is voldoende. Die mall bied 'n verskeidenheid winkels en restaurante asook onderdakparkering."
"Strand se ligging is baie lekker om rond te ry, maklik Kaap toe en maklik Hermanus se kant toe. "
"Die Strand was nog altyd ‘n persoonlike gunsteling. Restaurante, winkels, besienswaardighede en lughawe binne realistiese afstand. En die wenner bly die heerlike stapstrand."
"Strand self was baie netjies, skoon en veilig. Alle winkels, takeaways en restaurante is loopafstand vanaf eenheid. Baie lekker. "