Geverifieerde Resensie
Struisbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Struisbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 962 resensies.
"Struisbaai is 'n pragtige kusdorpie met eindelose strande. 'n Moet sien vir enige toeris."
"Sal 'n oulike winkelsentrum opsit met nog 'n winkel soos Woolworths vir hulle lekker eetgoed. 'n Speelpark vir kinders om in te speel. Daar is baie grond. L'Agulhas het meer eetplekke as Struisbaai. Hulle kan doen met nog 'n eetplek met heerlike vis, ens. Die naaste dorp is te ver. "
"Struisbaai is fantasties. Die min restaurante maak op vir die lekker tyd wat jy by die see kan hê, asook om vars vis te vang of sommer by die hawe te koop. Die hawe het 'n goeie en veilige speelstrand vir klein kinders."
"Love it! So much to do as a family: fishing, running, cycling, boogie boarding, swimming, etc."
"'n Baie mooi en rustige plek vir 'n vakansie, of om net van die gejaagde stadslewe weg te breek. "
"Struisbaai is die rustigheid waarvoor 'n mens soek, maar ook 'n lekker plek om jouself uit te leef."
"Dit is 'n moet om te besoek, die feit dat dit die mees suidelike punt van Afrika is met die geskiedenis rondom dit is baie interessant."
"It is an excellent place to go if one wants to relax and take long walks along the beach. The fish shop serves lovely fish and chips."
"Struisbaai het diep in ons harte ingekruip ... Soveel so, dat ons dink om daarheen te verhuis eendag ..."
"Die dorp is nie vir woelige tieners en jongmense nie. Dit is 'n dorp vir mense wat hou van op die stoep sit en die natuur wil insasem en saam kwaliteit familietyd wil hê. Lekker lang afstande stap langs die see of sommer van Struisbaai na Agulhas draf of fietsry en terug."