Verified Reviews
Sunshine Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sunshine Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 4765 reviews.
Addo Elephant Park, Sunshine Coast
Addo Self Catering"Die park maak geen voorsiening vir mense wat vir 'n week in die omgewing is nie. Jy moet elke dag as 'n dagbesoeker inboek en R136 vir 2 persone betaal. Huisvesting binne die park is hopeloos onvoldoende en ek sal nie meer as 3 dae per besoek aanbeveel nie. Nasionale parke kan gerus by Namibia se Etosha Park gaan leer hoe om besoekers te hanteer."
"Die strate het aandag nodig en die straatname se aanwysers kort duidelike verf."
Addo Elephant Park, Sunshine Coast
River Front Estate"Daar is beslis baie om te sien. Deur self te ry, kon ons 2 keer deur die areas ry en kon ons baie wild sien."
"Die Olifantpark is baie goedkoop en was baie lekker om dit te besoek. "
"Oesterbaai is 'n ongerepte, veilige vakansie bestemming waar die huise nog nie diefwering het nie. Die 20 km pad tot daar is eintlik baie positief!"
St Francis Bay, Sunshine Coast
Port Main Royal Ocean's Edge"Pragtig en rustig. Mens kan heerlik ontspan."
Marina Martinique, Sunshine Coast
The Jbaynian @ 8"Pragtig! Sal net nader aan die kanaal wou wees."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Little Rose"P.E is lekker vir gesinne. Wind kan soms nogal waai en swem nie altyd ‘n opsie, maar dis skoon en mooi."
"Die weer is natuurlik onvoorspelbaar, die wind waai alles weg en dis koud om te braai in die aande. Maar nou ja, ons kom van Potch af en my dogter en haar man bly in Summestrand, so ons is verlig om by hulle te draai. Die gholfbaan is ongelooflik, maar jy moet jouself voorberei vir 4 seisoene in een dag. Vir ons was dit 'n aanpassing."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Colleen Glen Self-catering Cottage"Beautiful place! Quite a lot of things to do and see!"
"Dis 'n pragtige strand. Dias Kruis is net 'n 3,7 km stap vanaf Boknesstrand. Die monument het ongelukkig deurgeloop onder vandale. Tog hartseer dat ons dag na dag plastiek en ander rommel op die strand moes optel. In vakansietye is dit wonderlik, maar buite seisoen is daar nie lewensredders nie."