Verified Reviews
Sunshine Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sunshine Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 4765 reviews.
"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "
"Heerlik naby die see met klomp lekker dinge om te doen. Binne loopafstand vanaf goeie restaurante en eetplekke. Baie veilige en skoon strand."
"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
Makhanda (Grahamstown), Sunshine Coast
Jenny's Guest House"'n Juweel met baie interessante besienswaardigehede wat 'n opvolgbesoek regverdig."
"Beautiful beach and lagoon. Quiet, peaceful and calming. Not at all as busy as Jeffrey's Bay but shops are still within 10 minutes' reach."
Marina Martinique, Sunshine Coast
20 Houtbosch Bay"Baie lekker area om in te bly! 'n Bietjie weg van die gedruis van vakansiegangers. Mooi uitsigte!"
"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "
"Die omgewing rondom die dorp is asemrowend mooi en interessant, maar die straat in die middedorp waar die hotel en kitsbanke geleë is hou geen bekoring in nie. Ek kan nie sien dat hierdie deel van die dorp enige aantrekking vir toeriste sal hê nie. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Daliz Guest House & Self-catering"I gave it a 3 star for a reason. We encountered quite a bit of rubble and illegal dumping in a few areas and en route to some venues which needs to be addressed in order to bring back that pride and welcoming feeling to visitors. Other than that it is a stunning place to visit."
"Fantastic surroundings and in close proximity to shops and outdoors activities."
"Ons was in Somerstrand vir 'n konferensie en het nie veel verwag nie, maar die plekkie het ons aangenaam verras. Daar is allerhande oulike plekkies en dinge om te sien en in die tyd wat ons daar was, was die weer lieflik."
Paradise Beach, Sunshine Coast
Marine Paradise Guest House"The beach is beautiful and amazing. It can only be enjoyed in the morning/early afternoon since by 16:00 the weather becomes icy cold and the wind bites into your skin. Beautiful and unforgettable beach. I would like to visit again."
"Sal graag wil teruggaan om die area beter te verken - pragtige landelike/bos- en woudagtige omgewing. "
Paradise Beach, Sunshine Coast
The Beach Lodge"Dit lyk soos die idilliese eilande. Mooi wit strande, blou see. Vreeslik mooi."
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"Dit is 'n stil plekkie met baie huise. 'n Mens moet na Jeffreysbaai reis indien jy enigiets sou wou koop, maar dit is net 8 km van Kabeljous af en die uitsig op pad is ongelooflik mooi. Die mense wat ons gesien en ontmoet het was baie vriendelik en aangenaam. Dit lyk na 'n baie veilige plek en is beslis een van die plekke wat 'n mens in gedagte moet hou vir 'n rustige wegbreek. Die strand en strandmeer is pragtig."
Bushmans River, Sunshine Coast
Fat Fish B&B"Awesome village with beautiful walks along the coastline, both east and west. Good, old-fashioned values where a family can get back to the basics of living and enjoying good family time together."