Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Ons het die oulike ou dorpie baie geniet. Die sterrekyk en bykomende opsies in die verband is baie goed geleë, goed geprys en die moeite werd in en om die dorp."
"Ons het die besoek aan SALT baie geniet en al kon ons nie die sterre sien a.g.v. bewolkte weer was dit ‘n belewenis om in die Karoo oor te bly."
"Ons kon nie sterre kyk toe ons daar was nie so sal beslis weer teruggaan om dit te kan doen."
"Goeie verskeidenheid eetplekke en die OK-winkel verkoop als wat mens mag benodig."
"Sutherland se mense is uiters vriendelik en hulpvaardig. Dankie aan die SAPS-kaptein wat vir ons raad gegee het oor die verspoelde pad na Loxton. Sutherland sien my beslis weer en weer en weer!"
"Beste plek om te eet is by die White Inn Hotel oorkant Skitterland. Kos baie goed. Atmosfeer uitstekend. Host baie vrienelik."
"Ons was ongelukkig om in die dorp oor te slaap op 'n aand wat 'n wolkbreek en langdurige reën ons totaal beperk het. Daar was geen elektrisiteit op die dorp nie en dit was nie moontlik om sterre te kyk nie. Daar was ook slegs 2 restaurante oop en albei was vol bespreek. Ons het dus net geslaap en weer vroeg gery die volgende oggend."
"The Boorgat Restaurant is worth a visit, the staff are very friendly and accommodating and the food was delicious."
"Behalwe vir sterrekyk en 'n paar besienswaardighede is hier nie veel om te doen nie. Plekke soos die historiese begrafplaas behoort beslis opgeknap te word. Die dorp het heelwat potensiaal vir alternatiewe moontlikhede."
"Great Karoo experience with friendly people, great food and a must to attend the star-gazing with Jurg."
"Mens kon sien dat Covid ook maar sy invloed op hulle toerisme gehad het. Die omgewing is egter pragtig en die sterre 'n hemelse pluspunt. Moet net nie gaan wanneer dit volmaan is nie!"
"Lekker eetplekke en ook nog baie om te sien by SALT. Sal weer teruggaan om nog by Jurg te leer oor die hemelruim."