Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Sutherland is 'n moet-doen-bestemming! Daar is baie te doen, waarvan meeste met die hemelruim te doen het, baie leersaam en interessante omgewing en geskiedkundige dorp. Elke toeris kan vir seker daar tyd spandeer!"
"Die rustigheid van die Karoo is laat jou weer soos ‘n mens voel. Die dorpie is pragtig skoon en ‘n mens kan sien hoe trots die inwoners is op hulle stukkie aarde. Ons was op ‘n geskiedkundige, begeleide toer wat aangebied is deur persone wat ‘n skatkis vol kennis het oor die NG-kerk en NP Van Wyk Louw se geboortehuis. Die sterrewagbesoek was ‘n hoogtepunt. Die aand se sterrekyk by Jurg was die kersie op die koek! Ek kan nie wag om weer te gaan nie! "
"SALT Telescope is definitely worth a visit. I recommend doing a day visit and a night start gazing visit and check the weather for visibility before arrival. Friendly well trained staff - great local employer."
"Stuk geskiedenis wat meeste Suid-Afrikaners moet meemaak asook 'n hemelruim wat ongelooflik is."
"Absoluut 'n moet-doen vakansie. Was 'n belewenis. Niks soos ek dit voorgestel het nie. Daar was genoeg om elke dag te ry en goed te doen. Alhoewel dit koud was, was die ontvangs van die dorp se mense hartsverwarmend. Baie veilige plekkie om heeltemal te ontsnap uit die stad se gejaag en net af te skakel en die mooi wat die dorp het om aan te bied, te waardeer. Dus 'n top-vakansiebestemming. "
"The highlight of Sutherland was our night stargazing with an amazingly informed astronomer. A wonderful evening. We were not too impressed with the town."
"Guided tour of SALT was excellent, essential to any visit, as is the star gazing with Jurg."
"Great en welbekend vir sterrekyk. Sal altyd Jurg aanbeveel vir sy sterrekyk - professioneel, kundig en goed toegerus met besondere teleskope."
"Sutherland het my siel geraak. Die mooste dorpie met die vriendelikste mense. Sal baie beslis weer eendag wil gaan. Star Gazing saam met oom Jurg Wagenaar was 'n belewenis, asook ons besoek aan SALT."
"Friendly town, with superb guides for anything astronomical! Lots to see and do. Some restaurants were poor, so plan ahead. We had great food and service at the Blue Moon, and heard that the Whitehouse Inn restaurant was also very good. Book ahead for all your tours - very popular!"
"Very small and quiet community but has all the necessary requirements and tourist attractions required for a holiday. Will definitely be vacationing there next year in winter as we're excited to see the snowfall!"
"Onthou Sutherland is 'n baie klein dorpie en jy moet nie haastig wees as jy na 'n eetplek toe gaan nie."
"Wil daar gaan oorbly as dit sneeu. Daar is nog paar goed wat ek nie gesien of gedoen het nie. Sal beslis weer terug gaan."
"Indien jy in sterre belangstel is die SALT toer 'n moet en Jurg se sterrekyk is aan te beveel."
"The tour and assistance at the reception of SAAO was a bit disappointing but we enjoyed our stay in Sutherland even though it was freezing."
"'n Móét-besoek, ten minste eenmaal in 'n mens se lewe. Jurg se sterrekyk-belewenis is ook 'n móét en die planetarium se twee vertonings was 'n besonderse ervaring! Net jammer dat die N.P. van Wyk-Louw-museum nie meer oop is nie."
" What do you do there? Is always the question asked when we say we are off to Sutherland for a long weekend. This place has an atmosphere all of its own and you just need to visit it once, to experience it and get hooked. Our August/September annual destination for a weekend away. Recommended to everyone. "
"Oulike dorp en die sterrewag en sterrekyk is iets wat elke Suid-Afrikaner ten minste een maal in hul lewe daar moet beleef."
"Belê in die geleentheid om te gaan sterre kyk in Sutherland. Trek warm klere aan! Dit is ontsettend droog op die oomblik. Daar is basiese winkels op die dorp. Maak 'n bevestigde bespreking, voor u die dorp besoek, veral in blommetyd. Daar was twee groot toerbusse met toeriste wat saam met ons by die sterre-kyk was. Akkommodasie is beperk op so 'n klein, gewilde dorpie."
"Ten spyte van die geweldige droogte, bly Sutherland 'n besondere plek, met baie om te bied."