Verified Reviews
Swartland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Swartland
Rated 4.4 out of 5 based on 386 reviews.
"Wonderlike ligging. Dis bietjie iets anders, veral met die fokus op platteland en olywe. Sal definitief weer kom."
"Cafe Felix Restaurant was 'n groot hoogtepunt van ons kuier. Vriendelike diens en heerlike kos geniet in 'n baie ontspanne atmosfeer."
"Darling is baie mooier en interessanter as wat mens verwag. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig. Dis 'n nice plek."
"Not a tourist attraction itself, but great if you are doing tourist activities in the region."
"Darling is really a nice little town with interesting sights. Don't forget to visit the museum in the old town hall. "
"Ek was baie verbaas gewees opm te sien hoe Malmesbury uitgebrei het. Dit is 'n volwaardige dorpie met baie interessante plekke wat jy kan besoek in en om die dorp. Mense is baie gasvry en dit is geleë in 'n ongelooflike mooi omgewing!"
"Rustigheid en vriendelike mense oral waar jy gaan. Jy is minder as 'n halfuur van die mooiste plekke op die Weskus af en die klein dorpie het alles wat jy moontlik kan nodig kry en meer. Ek sien julle weer volgende jaar."
"Het waarlik gevoel dat ons daar kon uitrus - van wynproe na bierproe na die rondsnuffel by Evita se peron na braai op die stoep en kyk hoe die son sak. Dis 'n redelike afstand van Kaapstad af en is naby aan Yzerfontein vir 'n "change of scenery"."
"Goeie begin vir 'n Weskustoer, moet egter nie vergeet om 'n vertoning en ete te bespreek by Tannie Evita se Perron nie. Ons het Evita praat Kaktus beleef, en dit is 'n moet."
"Dis 'n baie vriendelike dorp en het dit baie geniet om deur die strate te loop. Die Evita Show was baie goed."
"Mooi omgewing omring met berge, genoeg verblyf, baie besoekpunte en goeie restaurant."