Verified Reviews
Tergniet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tergniet
Rated 4.7 out of 5 based on 34 reviews.
"Dis 'n baie lekker vakansieplek, als is skoon en winkels binne paar minute se ry. Dit was my eerste keer daar, maar dit sal beslis nie my laaste keer wees nie."
"Tergniet self is 'n baie mooi dorpie. Alles is netjies en die mense is almal baie vriendelik. "
"Nie die grootste toeristebestemming in die land nie, maar baie lekker rustig, veilig en naby aan Mosselbaai en George. Definitief 'n goeie keuse as jy uit die stad wil bly, tog naby die see en ander besienswaardighede."
"Tergniet is ideaal vir 'n rustige verblyf met 'n pragtige see-uitsig, weg van die stadsgewoel. Dit is 'n ideale vertrekpunt na al die besienswaardighede wat hierdie omgewing aan die toeris kan bied."
"Gaan al vir jare soontoe en dit is 'n wonderlike kuierplek vir alle ouderdomme. Kinders kan veilig buite speel ook!"
"Ek en my man is eintlik groot Weskus aanhangers, maar het die afgelope 2 jaar in daardie omgewing vakansie gaan hou, en het so baie daarvan gehou dat ons dit baie sterk oorweeg om daar te gaan aftree."
"Vir die jongklomp is Tergniet nie 'n swemstrand nie, maar vir die ouer garde is dit 'n ideale wegbreek van stadsgewoel. Vir die avontuurlustiges is daar baie besieningswaardighede in die omgewing."