Verified Reviews
Thabazimbi
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Thabazimbi
Rated 4.2 out of 5 based on 145 reviews.
"Baie raserige dorp, vuil en nie onderhou nie. Die geraas het die hele naweek aangehou en gevolglik was die nagte maar sleg. Geen einde aan die geraas. Dorp slegte ondervinding, alhoewel dit my geboorte en opgroei dorp was, sal ek nie weer Thabazimbi toe gaan nie."
"Thabazimbi is 'n tipiese plattelandse dorpie met bietjie meer geriewe as ander (hospitaal en groot winkelsentrum), maar geen besondere besienswaardighede nie. Marakele en 1 diere reabilitasiesentrum is die enigste aantrekkingspunte, behalwe al die eetplekkies."
"The town could do more to have extra mural activities around the town to attract more tourists."
"Eg glo die besighede in die dorp voorsien vir seker in elke toeris se behoeftes."
"Love die plek, net 'n jammerte dat meeste plekke grondpaaie het. Dit maak dit bietjie moeilik vir ons met die klein karre, maar nietemin, dis 'n lieflike plek."
"Not much to do, unless you are traveling to the Waterberg mountains and Marakele National Park."
"There are great mountains around the area. It was disappointing to only have one hiking trail in the entire town."
"Thabazimbi word eintlik vreeslik onderskat as 'n toeristebestemming. Die dorpie het al die fasiliteite wat jy mag nodig hê. Dit is in 'n pragtige area met fantastiese uitsigte, ongerepte bosveldplase en boonop 'n Groot Vyf-park! 'n Vakansie in Thabazimbi word definitief aanbeveel!"
"Mobile Lion was 'n wenner. Nasionale Park was goed. Inkopie-sentrum was baie oulik."
"Daar is niks om te doen nie en as daar is, is daar nie genoeg inligting daaroor nie."
"Dorp is vuil. Maar as jy deur ry na die plase toe 'n heeltemal ander storie. Gras is kort gesny. Plekke is goed omhein, baie netjies en skoon. Lyk soos 'n ander dorp."