Verified Reviews
Trompsburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Trompsburg
Rated 3.4 out of 5 based on 213 reviews.
"Die pryse is maar soos verwag, maar die paaie is meestal grondpad wat ongemaklik is vir lae karre."
"Very small town with few businesses. Adequate for an overnight stay. Approximately halfway between Bloemfontein and Colesburg."
"Ons het aandete by Beminde se 'Tromps-op-Boerekos restaurant in Reitz straat geëet. Heerlike kos gewees. Sy het laas jaar oopgemaak en brei alreeds uit. Verder net 'n klein dorpie."
"Verras deur Trompsburg, netjiese dorp wat meer bied as die normale klein dorpie."
"Perfekte plek om te oornag as jy van Kaap af terug Gauteng toe gaan. As jy laat daar gaan aankom, maak seker jy het aandete. Die paar plekkie daar maak vroeg in die dag toe."
"Net oornag nie veel gesien nie, maar kan beslis by Snobbs koffie en ietsie om te eet aanbeveel."
"Stop gerus vir 'n heerlike Cappuccino/koffie by Snobs Coffee. Geniet dit saam met 'n sny kaaskoek of rooster broodjie en dit maak jou dag vroliker. Koffiebone word daar gerooster en koop sommer 'n pakkie gemaalde koffie om saam huis toe te neem. Aangename atmosfeer en vriendelike mense!"
"Die dorp is skoon, sonder papiere en vullis. Die dwarspaaie is nog grondpaaie en kan geskraap word. Opsies vir aandete is beperk, want die meeste eetplekke maak vroeg toe of bedien nie aandete nie."
"Soos met meeste ander kleiner dorpe in die land, laat die munisipaliteit sy inwoners lelik in die steek!"
"Virtually no place open for a dinner. Memory Ranch phone the garage take always and asked them to stay open after 18:00 as we were on our way to get a burger/pizza!"
"Daar is bedrywighede aan die boukant maar nie iets anders nie. Maak die afstand na Johannesburg veel meer draaglik."
"Trompsburg se mooi is in die omgewing, en gerieflik naby snelweg na Kaap en Gariepdam."