Geverifieerde Resensie
Tulbagh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tulbagh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 412 resensies.
"Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek."
"Sentraal geleë vir besoeke aan wynlande, olyflande en Ceres-vallei."
"Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou."
"Ek stel voor al die plekke kry lugreëling aangesien Tulbagh BAIE warm kan word. "
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"