Verified Reviews
Tulbagh
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tulbagh
Rated 4.5 out of 5 based on 607 reviews.
"Baie mooi, maar was teleurgesteld met "Kerkstraat se besighede" wat gesluit was weens opgraderings. Verkeerde tyd op die regte plek, sou ek raai! "
"Ek het meer van Tulbagh verwag. Histories baie mooi bewaar met mooi versorgde tuine, maar gits die mense beweeg nie met die tye nie. Glo nie hulle het al ooit gewaag om kruie in hul kos te gooi nie...om nie te praat van "banting" opsies nie. Toeriste wemel in Riebeeck-Kasteel, maar in Tulbagh is daar niemand nie. Ontbyt is aanbeveel in Church straat se kombuis waar ons kon kies uit koek of maalvleis op witbrood of maalvleis op bruinbrood of maalvleis in 'n jaffel (wit of bruin) of maalvleis met eiers ..."
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "
"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."
"Baie mooi wêreld met die berge, wingerde en ander besienswaardighede, paaie ry lekker."
"Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie."
"Sal dit aan almal aanbeveel. 'n Moet vir enige reisiger. Goeie restaurant. Geluk aan die toeriste-organisasie."
"Eerste keer dat ons Tulbagh besoek het. Aangenaam verras met die vriendelike mense, pragtige besienswaardighede en geskiedenis van die dorp."
"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."
"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."
"It is such a cute little town with everything you need in one road (the main road). The surrounds are stunning. Would definitely go back at the drop of a hat."
"Not much to do around here, except eat and see some art/antiques. It's a lovely, friendly town though."
"Daar is heelwat interessante winkeltjies met oudhede, restaurante, teaters en museums. Ons het nie daarby uitgekom om wynplase in die omgewing te besoek nie, maar dit lyk definitief die moeite werd."
"Tulbagh steel jou hart. Die Saronsberg Teater en De Kreeft Stamkafee is net agter CDQ en moenie gemis word nie - waarde vir geld, huislik, hartlik, ongelooflike kos en karakters. Pure bederf!"
"Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek."