Geverifieerde Resensie
Umzumbe
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Umzumbe bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 31 resensies.
"Nie vir reisigers wat van 'n besige vakansie-vibe hou nie. Geen entertainment en restaurante nie. Lieflike strand."
"Umzumbe is regtig 'n wenner. Stil en mooi. Die see en strand is fantasties. 'n Regte juweel wat versteek is."
"Baie netjiese omgewing, min geriewe vir toeriste, maar baie rustig en skoon."
"Baie veilige swemplek vir diegene wat rustigheid verkies. Selfs buite-seisoen was daar lewensredders aan diens. Umzumbe is naby aan Port Shepstone as jy inkopies wil doen en 5 minute weg van Hibberdene wat ook basiese winkels bied. Ons sal weer draai in Umzumbe kom maak in die toekoms "
"Rustige, lekker strand. Stil area. The Rock is 'n lekker plek om tyd te spandeer met vriende en familie. "
"'n Rare ongerepte strand - hoop dit bly so bewaar vir die hengelaars en die kleuters wat in die poeletjies baljaar!"