Verified Reviews
Underberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Underberg
Rated 4.4 out of 5 based on 324 reviews.
"Wens daai Spar was in Hartbeespoort! Alhoewel Underberg vrek ver is van Noordwes af, was dit die moeite werd. Blykbaar een van die veiligste plekke in SA."
"Die dorpie het die basiese geriewe wat jy nodig het. Die omgewing is ongelooflik mooi en dit voel so rustig en veilig."
"Underberg is situated in a very scenic part of South Africa. Great to stay when travelling up Sani Pass or just to get away from city life. Lemon Tree Bistro is a fantastic restaurant in Underberg and definitely worth a visit. There's also a huge Spar where you can get all your groceries for your stay (so no need to drive everything with you to Underberg)."
"Rustige dorpie in 'n pragtige omgewing - baie beperkte geriewe vir inkopies, maar Underberg is gerieflik naby met genoeg winkels vir alles wat mens nodig mag kry."
"A good place to go if you want to go up the Sani Pass, as it's only about 25 km's away. There are a number of day hikes in the area, which are really nice to do. Underberg & Himeville do not have a lot of tourist attractions, but there are some nice places to have a meal or tea/cake. "
"Oulike plekkie. Fantastiese mooi berge rondom die dorpie, pragtige landelike tonele."
"Baie mooi plekkie met heelwat om te doen en sien. Natuurlik is Sani Pas een van die groot aantrekkings!"
"Museum baie interessant. Genoeg inkopie geleenthede. Rustige dorp. Mooi St Peter's kerk."
"Mooi ou dorpie. Sanipas sommer baie naby. Op en af met gewone dubbelkajuit bakkie. Grenspos was vriendelik. Yellow Lemon Tree kan ek beslis aanbeveel. Lekker geëet. Kos heerlik atmosfeer en diens ook."
"Die omgewing is pragtig! Ons het die Sani-pas gaan ry en dit was werklik 'n ongelooflike ervaring om tot by die Lesotho grenspos te ry. Lemon Tree is die oulikste koffie-kroeg/restaurant en hulle diens en kos was beslis een van ons hoogtepunte. Hierdie kuiertjie was vir ons 'n eenmalige besoek. Ons wou graag ons kinders die omgewing gaan wys, maar ek dink nie ons sal Underberg weer besoek nie."
"Underberg is 'n pragtige bestemming met soveel om te sien en te doen. Ons sal graag weer hier wil kuier."
"Dit wat ons gesien en beleef het was lekker. Ons het net oornag so ons het nie baie kon sien nie. Fietsry en visvang glo ek kan jou daar besig hou."