Verified Reviews
Universitas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Universitas
Rated 4.1 out of 5 based on 209 reviews.
"Bloemfontein gaan agteruit. Daar is bossies op die middelmannetjies en vullissakke staan in hope op straat."
"The area is functional and convenient for parents travelling to the nearby schools (Eunice Girls High and Grey College)."
"Goeie ligging. Hoef nie vêr te ry om by winkels en/of restaurante te kom nie."
"Area is naby alles - eetplekke en winkelsentrums. Toegang tot hoofroetes is baie maklik."
"Ek sou dit nie sien as 'n vakansiebestemming nie, maar wel egter as 'n gerieflike, sentrale area wat naby die rugby stadion, ander sport fasiliteite, universiteit en sommige skole, asook die Waterfront geleë is."
"Baie rond bewegende studente, maar rustig. Naby koopsentrums. Naby hoof toegangsroetes. Goed geleë. "
"Op die oomblik het die padwerke ons 'n bietjie van koers gevang. Ons is spitstyd deur die stad en dit was, soos verwag, baie besig. Ek glo wel dat mense (en uitlanders) dit moet beleef om 'n regte prentjie te kry oor wat by ons Universiteite ens. aangaan. Ken nie Bloemfontein baie goed nie, maar sal beslis langer tyd daar wil wees om vir myself te sien wat aangaan. Een dag is te kort."
"Is naby sport-stadion, universiteit, hospitaal en verskeie winkelsentrums. Goeie ligging om by belangrike punte uit te kom. "
"Dit is gerieflik naby aan die universiteit en winkelsentrums. Die vullissakke wat oor die naweek in die strate gestaan het, is egter 'n seer-oog! "