Verified Reviews
Universitas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Universitas
Rated 4.1 out of 5 based on 209 reviews.
"Vir enigiemand wat naby die universiteit moet wees, is hierdie die plek."
"Met die Vroue-monument, met baie on te sien, net om die draai 'n goeie uitstappie vir besigtiging en tydverwyl. "
"Vir kort termyn verblyf behoort dit gepas te wees om in Universitas te bly, want dit is baie sentraal na die hoofweg en Universitas hospitaal geleë."
"Naby geleë aan groot winkelsentrums, sportstadions, hospitaal en universiteit. Stil voorstad van Bloemfontein en heel gepas vir gastehuise."
"Verskeidenheid plekke om van te kies vir verblyf. Naby universiteit en besigheidssentra geleë."
"As gevolg van studente behuising in die omgewing is dit baie raserig soms en sal aanbeveel dat hul met studente huise ooreenkomste aangaan om orde te probeer hou oor naweke."
"Gastehuise in Universitas is besonder goed geleë vir mense wat by UKOVS betrokke moet wees. Ten tyde van my verblyf was die Vrystaatse Kunstefees aan die gang en kon ek gou en gemaklik op die kampus kom en opvoerings bywoon. Universitas is ook minute weg van meeste ander punte van belang in Bloemfontein."
"Groot plek en alles mooi uiteengesit om plekke vinnig te vind en sekuriteit baie behulpsaam daar."