Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Restaurant waar ons geëet het die aand was baie puik, bediening goed, personeel baie behulpsaam, kos was baie goed."
"Just remember in this little (hot) town the pub and hotels only open at 5 pm, we were very thirsty. There is really absolutely nothing to do here, it's just a stay-over town."
"Mens is geneig om altyd die kleiner dorpies te onderskat, maar hulle is pragtig. Victoria-Wes het sy eie geskiedenis en mense moet meer net inry en gaan kyk."
"As die boekefees weer plaasvind en die restaurante/akkommodasieplekke weer kan besigheid doen is dit 'n idilliese bestemming. (Nostalgie, geskiedenis, sentiment ens.) Neem aan COVID en die ekonomie het Richmond swaar ge-affekteer."
"Die dorpie self kort maar aandag en lyk vervalle van buite af. Meestal slegte instandhouding, maar tog skoon."
"Interessante klein dorpie. Het die modern art museum baie geniet. Die Vetmuis se geskenke is goed."
"Baie klein en stil plekkie, beter vir een of twee dae te oornag, tensy jy 'n rede het om daar vakansie te hou."
"Very small town, not a lot of activity or restaurants. But a good stay-over town for long drives across the country."
"Dink nie daar is veel om in Richmond self te doen nie, maar kan 'n paar plekke naby Richmond besoek. Richmond is ideaal vir oorslaap om die pad tussen Kaapstad en JHB korter te maak."
"Magnificent views of South Africa's second largest dam and highest dam wall - plan an hour or two to explore the area before continuing with your trip. Oppiedek is a great place for a breakfast or lunch before you head off."
"Vosburg is 'n klein, eenvoudige, rustige en pragtige dorp. Ek sal maklik enige tyd weer daar kuier."
"The town is fighting for financial survival. Tourism is basically the only income."
"Besonderse klein Karoo-dorpie. Besonder groen met groot bome, stofstrate en baie vriendelike mense."
"Baie interessant, veral die Perde museum en die kerk met die pragtige preekstoel. Johan, ons gids, het vir ons baie interessante inligting gegee oor die inhoud van die museum en kerk. Dis aan te beveel vir mense wat hou van oudhede en Africana."
"Nieu-Bethesda het soveel indrukke op ons gemaak dat daar 'n moonlikheid in die toekoms sal wees om te verhuis daarna. "