Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Hopetown is another rural town that has gone backwards. The streets, if you can call them that, are a series of potholes, if there's any tar left, rocks and nasty bumps; no effort was made to smooth them out. Load shedding occurs between 6 and 9, am and pm."
"El Toro Park is one of the better areas, if not the best to stay in Kimberley. Peaceful, still nature surrounding it and away from all the noisy parts from town. lso very clean, tidy and perhaps to be plain, one can describe it as a upper class part of town if you will."
"Very glad there was a butcher and a bottle store. Basic things mean a lot when on two wheels."
"Hanover is die perfekte ligging tussen Kaapstad en Noord Vrystaat, met 'n ryk historiese geskiedenis. Ek dink die dorpie het baie potensiaal om 'n ongelooflike toeristebestemming te wees, maar toe ons gestap het om die dorpie te verken, het ek onveilig gevoel, want jong bedelaartjies het ons genader en was baie onwillig om nee vir 'n antwoord te aanvaar. Die kerk is pragtig en dit was 'n storieboek sonsondergang. "
"Koop gerus kruideniersware by 'n groter dorp voor Richmond, Richmond is 'n klein dorpie met beperkte winkels."
"We only travelled through Britstown to De Aar and, unfortunately, did not have time to explore the town. What we saw, we liked! But perhaps next time?"
"Weet regtig nie wat Victoria-Wes aanbied nie. Dit was vir my net 'n oornagpunt."
"Mense was vriendelik. Ons het heerlik geëet by die Merino Restaurant."
"Britstown is baie klein. Vir die wat 'n klein dorpie ervaring wil hê is dit goed. Ons gebruik Britstown net as 'n half merk na ons volgende bestemming. Het nie veel ervaring van die dorp self nie. "
"Dit is 'n interessante ou dorp met baie ou geboue wat redelik goed instand gehou word. Dit is baie rustig met 'n mooi omgewing. Moet nie alle geriewe van groter dorpe verwag nie maar die belangrikste is beskikbaar en daar is 'n paar goeie eetplekkies om van te kies. Die ideale plek om rustig te wees en te rus."
"Dis pragtig daar en veral 'n heerlike bestemming vir watersportliefhebbers!"
"Ons was ook by die museum en was verstom oor hoe skoon die dorp is. Die winkels maak wel vroeg toe en daar is net 'n algemene koerantjie, ander koerante is nie beskikbaar nie. Agv die afstande is dit te verstane."
"Die paaie in en uit Nieu-Bethesda is alles grondpad, en mens kan nie vinnig ry nie. Jy ry deur wildreservate so mens sien heelwat wild. Daar is terug nie 'n vulstasie of OTM nie, so wees voorbereid."
"Hanover is presies halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad. Die ideale plek om oor te slaap as jy die rit in twee dae wil doen. Daar is heelwat bekostigbare oorslaap opsies. Regte plattelandse Karoodorp."