Verified Reviews
Valley Of The Olifants
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Valley Of The Olifants
Rated 4.3 out of 5 based on 1009 reviews.
Tzaneen, Valley Of The Olifants
Magoebaskloof Ruskamp The Mountain Lodge"Baie om te sien en doen in Magoebaskloof omgewing. "
Hoedspruit, Valley Of The Olifants
Mawusi Bush Lodge"Hoedspruit is een van my gunsteling bestemmings! Met die Kruger Wildtuin sowat 'n halfuur se ry weg, die Moholoholo Rehabilitasie Sentrum, vakansieoorde soos Swadini en die asemrowende Blydepoort Vallei net om die draai, bied dit alles vir die natuurliefhebber, avonturier en sommer net diegene wat opsoek is na die bosveld se rustigheid."
Tzaneen, Valley Of The Olifants
Letaba River Lodge"Omgewing is die moeite werd, pragtige natuurskoon."
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
A Traveller's Palm"Die paaie in die dorp is in 'n baie swak toestand met potholes orals. "
Tzaneen, Valley Of The Olifants
Featherbrook Cottage"Ons was wel op sakereis, maar Tzaneen is 'n pragtige plek en kan gerus besoek word."
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
Casa Leitao Lodge"Ons het laat die aand daar aangekom, en is vroegoggend weer weg, het nie veel van Phalaborwa te siene gekry nie. Die mense by die vulstasie was egter baie vriendelik. "
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
A Traveller's Palm"Die dorp is besig om vervalle te raak. Dit lyk nie vir my of daar enige onderhoud meer gedoen word nie."
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
Impala Chalets - Phalaborwa"Phalaborwa is a great little place to visit if travelling to and from the Kruger National Park."
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
Lalamo Guest House"Very convenient location to stopover before entering or exiting the KNP."
Tzaneen, Valley Of The Olifants
Tarentilos Country Venue"Pragtige plek om vakansie te hou of te oornag."
Tzaneen, Valley Of The Olifants
Tarentilos Country Venue"Tzaneen is 'n mooi skoon dorp maar ons kon geen mall kry om te besoek nie en daar is nie baie restaurant om van te kies nie."
Tzaneen, Valley Of The Olifants
The Stables"Soveel mooi om te sien en soveel oulike plekkies om te besoek."
Hoedspruit, Valley Of The Olifants
Mist of Gold"I visit every eight weeks on business but Hoedspruit is a great place to visit, especially for nature and outdoor enthusiasts."
Hoedspruit, Valley Of The Olifants
Hoedspruit Selfsorg Vakansie Huis"Asemrowende dorp met als wat 'n mens nodig het, en meer."
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
Elephant Walk Guesthouse and Backpackers"Warm, maar heerlik gekuier."
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
Lalamo Guest House"Average small town for people who want to get away from the big cities."
Tzaneen, Valley Of The Olifants
Mowana Game Farm"Die dorp self is nie enige sout werd nie. Die winkels is vuil en die inwoners meer ongeskik as die Gautengers. Ons is al menigte kere in die omgewing vir vakansies en die akkommodasie, hul bestuur en personeel is onbekryflik behulpsaam en vriendelik. Die natuurskoon is ook wonderbaarlik. Die eetplekke probeer darem opmaak vir die gemors in die dorp self. Dit is jammer die teeplantasie is nou tot niet en die nougat-vervaardigers is nie meer daar nie. Ek beveel net aan dat niemand die Fruit & Veg City besoek nie. Die winkel is 'n gesondheidsrisiko en vrot vleis is die voorland. Ek sal weer in die omgewing gaan kuier, maar als self saamry en niks daar koop nie."
Phalaborwa, Valley Of The Olifants
Impala Chalets - Phalaborwa"Ek dink dat Phalaborwa nie genoeg bemark word as toeristebesteming nie. Mense weet van die myne daar, maar daar word nêrens vermeld dat daar 'n uitkykpunt is waarna jy kan ry om na die grootste en diepste oopgroefmyn te gaan kyk nie. Almal weet daar is 'n hek vir die Kruger Nasionale Park. Niemand bemark regtig dat Amarula Cream sy fabriek op Phalaborwa het nie en dat hulle binne seisoen werk aan 60 000 mense verskaf nie. Daar is ook 'n Woolworths, en Phalaborwa word ook omring deur wildsplase."