Verified Reviews
Vanrhynsdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Vanrhynsdorp
Rated 4.1 out of 5 based on 391 reviews.
"Ons het 'n supermark soos Spar gemis. Kokerboomkwekery en die restaurant oorkant die N7 was besonders."
"Pragtige kokerbome en sentraal geleë vir blommekyk en ander besienswaardighede in die omgewing."
"Die kwekery - baie lief vir plante, veral by Letsatsi! Lief vetplante en Kokerbome! Het gegaan na die Kokerboomwoud. Liéflik!"
"Ek het al meer as een maal by Vanrhynsdorp oorgeslaap op pad na Namibia en die Noord-Kaap. Het al verskeie staptogte op Gifberg gedoen. Ek het ook Die Tronk besoek en die Wieses se verplante en ook daar geëet."
"Looked like a lovely town as we drove through. Would love to investigate the surrounding more. One day!"
"Ons was op reis en het net die nag oorgeslaap, maar die bietjie wat ek gesien het, en gelees het, het my oortuig dat die omgewing baie toeriste potensiaal het."
"Vanrhynsdorp is 'n pragtige plek met baie besienswaardighede rondom hom. Skoon en netjies. Die vriendelikste mense. "
"Baie oulike dorpie. Skoon met alles wat mens basies nodig het en baie vriendelike mense. Ons het by Muis Huis ontbyt gehad wat uit die boeke was."
"'n Baie oulike dorp wat moeite doen om toerisme te bevorder. ZAR Restaurant 'n moet om te besoek."
"Vanrhynsdorp is seker net 'n toeristebestemming tydens blommetyd of oppad na Namibië? Was ideaal vir laasgenoemde."
"Die mense se vriendelikheid en behulpsaamheid is soos die hele Weskus baie aangenaam. Drie baie interessante museums. Lewenskoste in die gebied is baie goedkoop."
"We enjoyed Vanrhynsdorp! Quaint town with delight coffee/craft shops. The Old Jail is of special interest the way they have made it into a coffee/craft shop. We had an amazing meal at the Caravan Park Restaurant - best value for money."