Geverifieerde Resensie
Vereeniging
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vereeniging bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 29 resensies.
"Hulle kan net al hulle strate name gee. Google is nie baie hulpvaardig as daar nie straatname is nie."
"Dit was meer 'n sakereis en het geen besienswaardighede gesien nie, mens moet mooi kyk waar jy ry want die paaie is maar vol slaggate, anders is dit 'n heel aangename dorp."
"Creative Carfts ontdek, baie oulik en die wolwinkels ook. Die Ocean Basket baie lekker asook Rio Sol restaurant. Soveel meer by die rivier om te ontdek. "
"Soos oral in ons arme land is die teerpaaie flenters. Die Mall is pragtig en die rivier bly besonders."
"Dit is 'n vreeslike mooi plek met asemrowende uitsigte veral langs die Vaal Rivier omgewing."
"Die Spar het ons asem weggeslaan. Voldoen aan al die vereistes wat winkels en eetplekke aanbetref. "
"Update klerekaste van kleiner kamers en sorg dat geysers groot genoeg is vir gaste wat deel en parkering kan ook aandag aangegee word! Verder tip-top! Het gehou van binnenshuise swembad."
"Extremely cold in winter. -3 degrees resulting from the Vaal River. One must ensure sufficient warm clothing."
"Paaie is in 'n patetiese toestand. Het met my motor deur 'n slaggat gery aangesien daar ook nie voldoende straatbeligting is nie. Swak."
"Nie veel om te doen nie veral vir jong mense. Jy moet baie meer geld as normaal vat om iets te kan doen."