Verified Reviews
Villiers
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Villiers
Rated 3.5 out of 5 based on 40 reviews.
"Oulike dorp. Mooi huise. Herinner aan my kinderdae toe die Rivieroord mar nog 'n klein plekkie was. Dit is net so jammer dat soveel besighede van toentertyd nie meer bestaan nie. Sal graag 'n huis in Villiers wil koop vir aftrede."
"Villiers lyk asof hy stil gaan staan het in tyd. Dit is 'n stil dorpie met vriendelike mense."
"Baie mooi uitsigte, ideale plek om te oornag oppad see toe. Vriendelike dorpie met oulike beeste wat in die strate en erwe lê."
"Dit is die ideale gastehuis om te oornag op pad Durban toe of selfs om 'n paar dae oor te bly en die res van die omgewing te gaan verken. Rus vir die siel."
"Glo nie dis 'n plekke wat regtig beskou kan word as 'n toeriste-bestemming nie. Te afgeleë asook te min besienswaardighede. Plek vir mense wat hou van rus en stilte, ons persoonlik hou baie daarvan, maar glo nie dis die meeste mense se "cup of tea" nie."
"Pragtige dorpie, veral as jy belangstel in argitektuur. Pragtige ou sandsteengeboue teenaan die rivier, 'n slapende juweel."