Geverifieerde Resensie
Volksrust
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Volksrust bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.4 uit 5 gekry volgens 63 resensies.
"Great town from what I have seen in such a short space of time. I would like to return for a bit of a longer stay so I can review better. But it will have to be in summer. The cold is ruthless that side. I don't like it. "
"Was vir my baie hartseer om te sien hoe daai dorp lyk en die toestand van die paaie. Maar die mense is vriendelik en baie aangenaam."
"We were there to participate in the battle reenactment, unfortunately, the town has degraded over the years that I have been visiting."
"Regtig jammer dat die dorp agteruitgaan, nie veel om daar te sien nie. Die N11 suid vanaf Bethal en verder aan Newcastle toe is in baie goeie toestand. Baie Boer- Oorlog geskiedenis in die omgewing vir die wat belangstel, kry net die korrekte gids of iemand wat die omgewing ken."
"Ons was daar vir 'n skolesportbyeenkoms. Sal nie vir vakansie soontoe gaan nie."
"Die dorp het net die basiese winkels, maar geen ander toeriste-aantreklikhede nie. Sou graag dalk meer geskenwinkels en restaurante wou sien."
"Tragies, soos feitlik alle dorpies op die platteland in Suid-Afrika, het Volksrust vanaf die pragtige ou dorpie 50 jaar gelede verval tot 'n tipiese Afrika Derdewêreldstandaard-dorp."
"Daar is baie geskiedkundige areas rondom Volksrust wat die moeite werd is om te gaan sien. Die dorp self het niks om te bied nie en dit lyk plek-plek erg vervalle. As jy, as toeris, verby die kant van Volksrust kan kyk, gaan maak gerus ‘n draai."
"My ma was saam met ons. Sy was daar op skool en koshuis. Dis hartseer om die verval te sien."
"Ons het Volksrust baie geniet vir die besienswaardighede wat ons besoek het soos om Majuba berg uit te klim, O'Neill se huisie besoek, die konsentrasiekamp-grafsteentjies besoek en die Burgermonument."
"I wanted to play golf and the Volksrust GC was fantastic, thanks for the recent rains. The staff were very helpful, thank you."
"Die koffiewinkel langs die kerk in die hoofstraat bedien uitstekende ontbyt en middagete. Die biltong en kaas sous rump steak sal jy nie sommer beter elders kry nie!"
"The people of Volksrust in general are so friendly. Everyone goes out of their way to help you and make you feel at home."
"Het groot geword in die dorp, maar die verval van ieder en elke straat in onbeskryflik hartseer."