Geverifieerde Resensie
Vredenburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vredenburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 77 resensies.
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan verskeie pragtige plekkies langs die Weskus. "
"Sentraal naby Saldanha en Jacobsbaai en nuwe Mall maak dit gerieflik. Vredenburg is 'n skoon dorp."
"Dit is 'n rustige en netjiese dorp en redelik sentraal. Ek sal dit weer besoek. "
"Alhowel ek Vredenburg nie as n toeristebestemming sal beskryf nie, is die dorp netjies, skoon en die mense vriendelik. Dit is wel baie sentraal tot ander toeristebestemmings soos Paternoster, Jacobsbaai, Saldanha en St Helenabaai."
"Sentraal geleë naby alle Weskus-bestemmings met 'n groot mall wat aan al jou behoeftes kan voldoen."
"Vredenburg is sentraal geleë om al die omliggende Weskus-dorpies te besoek."
"Vredenburg is redelik sentraal geleë om te dien as staanplek vanwaar ander besienswaardighede aan die Weskus besoek kan word."
"Baie tevrede met Juffroushoogte. Ek het reperasie nodig gehad op my bril. Beland by Weskus Mall. Groot, uitstekende diens gekry by oogaarts. Was net kort in die dorp, baie sentraal vir klomp toeriste-bestemmings daar rond."
"Vredenburg het als en nog meer - in die dorp alles beskikbaar asook die nuwe Weskus mall. Naby Langebaan en Parternoster."
"Dit is 'n oulike plek, maar sal volgende keer nader aan die see wil wees."