Verified Reviews
Vryburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Vryburg
Rated 3.3 out of 5 based on 188 reviews.
"Vryburg is 'n goeie stop op die pad na Namibië. Wou graag ons familieplaas besoek en het dit gedoen, maar is onseker oor ander besienswaardighede daar."
"Vrybrug is 'n plaas-gemeenskap. Gasvryheid en vriendelike mense. Pragtige wildsplase in omgewing."
"Met die baie vragmotors op die N14 is besoek aan enige van die dorpe problematies."
"Die dorpie het baie verander oor die jare, maar vir die beter. Die strate was mooi skoon en die atmosfeer in die dorp was aangenaam."
"Nee, glo nie daar is toerismepotensiaal nie, dis maar 'n boeregemeenskap. Dorp is vuil en padnetwerk het te veel potholes."
"Ry net deur Vryburg as halfwegstop. Besige klein dorpie, maar alles wat jy benodig is beskikbaar. Mense baie hulpvaardig."
"Vyf is seker hoog, maar met die verbetering aan die veiligheid in die dorp en die "potholes" verdien hulle 'n 5, want daar word 'n poging aangewend. Orals is mense besig om "potholes" toe te maak. Die hele dorp is vol "sekuriteit" mense wat kyk dat rondlopers nie skade aanrig nie. Ons was daar vir besigheid en het die hele dorp deurgery en nie een keer onveilig gevoel nie. Ek dink Vryburg verdien krediet vir wat hulle doen."
"Vryburg is 'n skoon dorpie, maar meer 'n deurrydorp met goeie oorslaapplek."
"Mooi omgewing. Rustige dorp. Vriendelike en gasvrye inwoners. Ideale ligging om te oornag op pad na Kalahari en die Kaap."
"Dis maar 'n klein dorpie en nie verskriklik skoon nie, en vol bedelaars en eetplekke is maar min en duur. Dit is maar 'n kleinerige plek."
"Heel waarskynlik is daar meer in Vryburg om te sien, maar vir my is dit 'n dorp op pad na my bestemming, Kakamas, wat ek vir baie jare al ry."
"Mens hoor deesdae niks goeds van Vryburg nie, onveilige dorp om selfs net deur te ry en toe ons vriende hoor ons gaan daar slaap, het almal se oë opgetrek."
"Infrastructure is falling apart, but outside town is scenic. A good place to stay over on your way to Kgalagadi Nature Reserve."
"As dorp bied Vryburg toeriste min en behalwe vir die mooi omgewing is dit ver verwyder van enige noemenswaardige toeriste attraksies."