Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1739 resensies.
"Modimolle is klein genoeg om deur te gaan vir 'n plattelandse dorpie maar groot genoeg om in al die behoeftes te voorsien. Die diens is oral vriendelik. Die dorp is skoon en geleë in 'n pragtige bosveldomgewing. "
"Gerieflik met alles wat nodig is vir 'n wegbreek van die besige stadsgeraas."
"Tensy jy gaan vir iets spesifiek, maar vir 'n vakansie is daar nie veel te doen vir jongmense nie. Lieflike golfbaan en heerlike weer. "
"Die dorp is besig met baie nuwe ontwikkelings, het die nuwe Mall besoek en is regtig 'n aanwins vir die dorp."
"Ek dink Naboomspruit het baie potensiaal as 'n toeristebestemming. Die ligging is reg daarvoor en is nie te ver geleë van omliggende areas soos Pretoria nie. Slegs 'n uur en half se ry met 'n voertuig."
"Had a great dinner at Sashas restaurant - pleasantly surprised by good quality food and good service."
"Die dorp is net altyd baie besig maar die omliggende omgewing is pragtig met baie mooi plekkies om te besoek. Dis naby genoeg aan ons in Polokwane om weg te breek en te voel mens is weg van die huis."
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Mabalingwe Itaga 619"Many activities available to suit all family members."
"Modimollie is 'n uitstekende toeriste-bestemming. Baie om te doen en nie te ver van mekaar nie."
"Dit is 'n tipiese plattelandse dorpie, maar het alles om aan 'n mens se behoeftes te voldoen."