Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 2618 reviews.
"As jy eers die water van die Waterberge geproe het sal jy altyd weer terugkom!"
"Daar is 'n sentrum op die dorp waar mens aankope kan doen indien nodig. Ons het 'n heerlike middagete geniet by 'n plekkie op die rand van Thabazimbi. Daar is ongelukkig nie duidelike bord aanwysings na die restaurant toe nie. As jy die dorp van Brits binne ry, draai links by die vier rigting stop net nadat jy onderdeur 'n brug gery het. Regs by die T-aansluiting en links op teen die koppie. Die restaurant met groot grasperk en koelte sal aan jou regterkant wees."
"Baie vakansieoorde in omgewing van Bela-Bela wat sakpas is en naby genoeg is aan groot stede soos Johannesburg en Pretoria."
"The roads should be fixed. Most of us don't own big cars, so driving in those conditions is tedious. "
"Was baie beïndruk hoe groot die dorp was asook die winkelsentrum was 'n plesier om te besoek."
"Dit is 212 km van Johannesburg suid en 'n bestemming wat ek weer wil beleef. Ek gaan 'n bietjie lees oor Thabazimbi want ek glo die geskiedenis sal ons meer inlig omtrent Thabazimbi."
"Bela-Bela moet egter bietjie werk daarvan maak indien 'n mens 'n mediese noodgeval het. Werklik nie op standaard nie."
"Dit is 'n lekker dorpie. Nog platteland, maar voorsien aan alle behoeftes."
"Die streek is pragtig en ons was onbewus van die toerisme aktiwiteite. Volgende keer kuier ons langer!"
"Het al voorheen by EL Shadai in Thabazimbi tuisgegaan. Baie beter opsie en bietjie meer privaatheid. Hou van die berge, restaurante en verskeie winkel sentrums."
Lephalale (Ellisras), Waterberg
Sandpatrys Guest House"Ons was nog nooit in daardie omgewing nie en was aangenaam verras. Dit is pragtig daar en die mense is baie vriendelik. Ons is voëlkykers en ek dink daar is baie geleenthede vir toerisme en veral voëlkykers. Die Mogolrivier wat so naby is, maak dat daar heelwat voëls is."
"Thabazimbi is besig om te blom met al die verskillende lodges wat opgerig word. Thaba is besig om naam te maak in die toerismebedryf."
"Daar is wonderlike verblyf in die omgewing van Vaalwater beskikbar. Basiese benodigdhede is in die dorp beskikbaar."