Verified Reviews
Welgemoed
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Welgemoed
Rated 4.6 out of 5 based on 23 reviews.
"Welgemoed is 'n aangename en boomryke buurt, maar ver van enige besienswaardighede. Veral gaste van Gauteng wat nie die Kaap ken nie moet in gedagte hou dat Welgemoed nie naby die see is nie! Welgemoed is geskik vir mense wat die Kaap vir besigheid of 'n geleentheid soos 'n troue moet besoek, eerder as 'n vakansiebestemming. Dit is net 'n veilige en rustige buurt om oor te slaap. "
"Daar is geen pakplek vir klere of seep in badkamer. Die gordyne by die skuifdeur kan nie heeltemal toe vir privaatheid nie en die melk en koffie was net genoeg vir 1 keer se drink. 'n Lang spieël vir aantrek doeleindes vir ons dames sal help."
"Baie sentraal geleë (Kaapstad, Stellenbosch, Somerset-Wes/Strand, Malmesbury ens). Baie mooi uitsig (veral in die aand) oor die laer dele, asook Tafelberg."
"Het dit baie geniet om daar oor te bly. Lieflike plek met pragtige meubels en fasiliteite."