Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Dit was moeilik om toegang tot eetplekke te kry omdat 'n mens nie bewus is dat jy moet bespreek. Die inhoud van die winkels kan opgradeer word. Oor die algemeen is Paternoster 'n mooi vissersdorp vir 'n rustige vakansie. "
"Dit is 'n ontsaglike lekker kusdorpie om in te kuier en so rustig so dis die perfekte plekkie om heen te gaan as wil ontspan."
"Baie mense, vriendelike omgewing, wonderlike uitsigte. 'n Plekkie om heerlik net te ontspan."
"Dis lekker wegbreek van die stedelike gejaag en rumoer. Lekker visvang-area en die pragtigste blou water en wit sand. "
"Winkels en eetplekkies maak baie vroeg toe en paaie is nie watwonders nie. Nie dieselfde lekker Weskus-gevoel as Paternoster nie. "
"Verfrissend anders en beslis die moeite werd. Die argitektuur en spierwit dakhuisies is uit 'n ander wêreld."
"Isabella's Restaurant en Muisbosskerm kan regtig aanbeveel word. Puik kos en diens."
"Baie mooi, skoon, wit strande met minimale toeriste buite seisoen, voel en lyk soos 'n privaat strand. Die dorp is skoon en rustig en die inwoners is vriendelik en beleefd, almal groet jou soos in die goeie ou dae!"
"Dis baie lekker naby die see en vermaaklikheid en die veiligheid is tops. Sal enige tyd na Calypso Beach gaan vir 'n volgende wegbreek."
"Quiet neighbourhood, and if you do not mind taking a short drive or a long walk to lagoon."
"Dis so rustig! Jy kan werklik net ontspan en die wonderlikste kos by enige van die verskeie restaurante kry."
"Lambertsbaai is, ek dink, een van ons juweel kusdorpies. Diegene wat nog nie daar was nie moet beslis 'n plan maak en dit gaan besoek. So móét julle ook by Muisbosskerm gaan eet as julle daar is. Die kosse wat daar voorgesit word is van die beste en die kos bly net kom, een bak na die ander. Eet asb net bietjie vir bietjie want daar is soveel disse en geregte wat voorgesit word dat jy later nie meer kan eet nie, maar dit lyk so lekker jy wil net nog en nog he. Puik diens en asemrowende disse na my mening."