Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"The town is a bit industrial but the accommodation we had was out of the industrial area. We loved the fact that it was so quiet."
"Stil plekkie waar rustige natuurskoon belangriker is as restaurante en inkopiesentrums. Alegria en De Palms is puik restaurante in die omgewing. "
"Oulike rustige dorpie, interessante winkels, lekker geëet by Isabella - kan dit beslis aanbeveel. Die strand en dorpie is skoon en netjies. "
"Lieflike en rustige plek, perfek vir 'n familie-uitstappie en net reg vir 'n wegbreek uit die bedrywige Kaapse stadsgedruis."
"Daar is vir my mooier plekke nader aan Kaapstad, maar as mense 'n regte Weskus-ervaring soek, is Lamberts seker lekker!"
"Ons leef in 'n stukkende en siek wêreld waar ons skuil agter elektriese heinings, alarms, tralies en mensvreter-honde. Hier kon ons genadiglik ontsnap van daardie wêreld. Hier kon ons slaap met 'n oop deur en oop venster. Hier kon ons lê en luister na die naggeluide en nie na sirenes en karre se gejaag nie. En as die son sak en alles tooi in die diepste kleure...dan voel jy één met jou Skepper."
"Eerste keer daar, maar sal definitief terugkeer. Was te kort gewees en het oulike restaurante."
"Pragtige rustige dorpie met alles wat jy nodig het. Ongelukkig is daar nie teveel vis te vang vanaf die kant nie."
"Lekker vakansiedorp en baie om te doen in die omliggende dorpe. acobsbaai, Tietiesbaai en Darling met Evita se Perron en Darling Breweries was van die hoogtepunte vir ons kort besoek aan die Weskus. Gaan beslis 'n lekker lang vakansie aan die Weskus beplan. Dit was soos om in 'n anderland te wees."
"Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!"
"As jy wil wegglip van die stresvolle stadslewe is Jacobsbaai die ideale plek om die uit te rus."
"It used to be more relaxed and quiet, it was a very busy weekend there. We hope Paternoster does not lose its character (it already has). Nice restaurants. We love it."