Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"There's not much to do there, but if you want some peace and quiet to relax in, well worth a visit."
"'n Baie rustige kusdorp, maar dit het ook sy nadeel in dié dat daar geen winkels na-ure oop was waar ons proviand kon bekom nie. Aangesien dit midde-in die blommekyk-tyd was en Lambertsbaai in die middel van die blommeroete, was dit vreemd. Daar is egter 'n baie oulike restaurant (tussen 'n paar minder oulikes) wat deur oud-Pretorianers bedryf word waar heerlike, bekostigbare etes bestel kan word vir wegneem of daar eet."
"Dit is pragtig gedurende Augustus-September wat blomme betref. Ook naby aan Darling en Weskus Nasionale Park."
Longacres Country Estate, West Coast
The Quiver Tree"Dis lekker veilig weg van die geroesemoes van die dorp en die landelike omgewing is baie mooi."
"Lekker oorbly-plekkie om o.a. blomme te kyk in omgewing in verskillende rigtings en ook om die omliggende wynlandgoede te geniet."
"Langebaan has much to offer and I would definitely travel the West Coast again."
"Dit is voorwaar 'n plek wat mens bekoor en al die eetplekke en winkels is ongelooflik. Definitief 'n moet vir elke mens om ten minste een keer te besoek en te oornag."
"Nie seker of ek daar sal kan woon nie, maar sal daaraan dink vir vakansie of wegbreek."
"Lambertsbaai is 'n baie mooi dorp en baie stil. Sal enige tyd weer gaan. Ek wonder of daar dalk 'n moontlikheid is dat hulle die grondpad vanaf Lambertsbaai na Vredendal kan teer, want ons moet baie ver om ry - Clanwilliam om. Ons sal dan dus baie besoek doen aan u dorp."
"Ons het in die verlede al deur Paternoster gery net om te sien hoe dit daar lyk, maar nog nooit daar vakansie gaan hou nie. Hierdie keer het ons egter besluit om daarheen te gaan. Dit was so lekker, die mense is vriendelik, die blomme Tieties baai se kant toe was pragtig. Soos al ons vakansies in die Kaap sal ek Paternoster ook by my lysie sit."