Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Yzerfontein is naby Kaapstad, maar bied self nie veel nie. !Khwa ttu is rit na restaurant werd. Uitsig van restaurant af is pragtig. Ry gerus ook na Riebeeck Kasteel. Natuurskoon herinner aan Skotland se Canolavelde, groen heuwels, veldblomme, skapies en water. Pragtig! "
"Dwarskersbos is naby al die groot dorpe soos Vredenburg en Paternoster. Die paaie is mooi versorg en skoon."
"Ongelooflik. Lekker stil om weg te kom van die gedruis van die stad. Maak 'n plan. Gaan maak 'n draai!"
"St. Helena is a great escape from the hustle and bustle of the town, I love the small town feel and the fact that it is not so far from Cape Town."
"Nog al die jare een van my gunstelinge. Baie foto geleenthede, lekker eetplekke, mooi strande en hartlike mense."
"Sentraal geleë naby alle Weskus-bestemmings met 'n groot mall wat aan al jou behoeftes kan voldoen."
"Paternoster het 'n wonderlike bestemming vir alle soorte toeriste geword."
"Port Owen is 'n pragtige plek en ons gaan beslis teruggaan om daar ook te gaan vakansie hou."
"Ons het heerlik geslaap en het die uitstappie na die Bird Hide, wat die gasheer aanbeveel het, baie geniet. Dit was Sondag, so alles was toe en daar was nie veel om te doen nie."
"Dit was ons eerste kuier in Langebaan. Langebaan is 'n pragtige dorp met besonderse akkommodasie en 'n pragtige strand. Daar is genoeg vermaak en eetplekke vir toeriste. Kan aanbeveel word."