Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Baie oulike en mooi plek, interessante fauna en flora in en om die dorp, interessante besoek punte, heerlike strande - sal beslis weer Yzerfontein besoek!"
"Definitief 'n goeie keuse as jy van die watersporte gebruik maak (jou eie boot of huur een), andersins is daar nie veel te doen nie. Die veilige strande is nie binne loopafstand nie."
"Is absoluut verlief op Yzerfontein en al die weskus dorpies. Beslis een van my gunsteling vakansie bestemmings."
"Lekker dorpie waar jy nog kan parkeer by jou gastehuis en rondloop waar jy wil wees. Pragtig."
"Jacobsbaai het vir ons rus vir ons siel gebied. Baie skoon en netjiese dorpie. Kindervriendelik. Jacobsbaai is ook naby aan die bekende Weskus-dorpies, so dis lekker om in Jacobsbaai te oornag en al die omliggende dorpies te besoek. Eersteklas!"
"Ons het verlief geraak op Jacobsbaai. Die huisies en tuine is te pragtig. Dit is skoon en nie onnodige rondlopers wat jou laat bedreig voel nie. Mense is vriendelik. Wat 'n awesome plek!"
"Die is ons derde besoek aan Lambertsbaai, en soos altyd, het hy ons nie teleurgestel nie! Ons geniet die natuurskoon en die rustigheid vreeslik!"