Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Crackling Rosie op die water is 'n moet - Bokkomlaan en Rivera Hotel se lekker kos."
"Ideaal vir 'n rustige wegbreek. Nie baie aktiwiteite nie, maar lekker vir stap en seetoe gaan."
"Ons het 'n sagte plekkie vir Yzerfontein en probeer so gereeld moontlik daar kuier."
"Sal baie graag Lambertsbaai weer wil besoek. Die oornag-slaap daar was hopeloos te kort."
"Daar is net 1 restaurant in Vredendal wat oop is saans. Die naburige dorp Strandfontein het geen restaurante gehad wat oop was nie (daar is 2). Ons kon wel Vanrhynsdorp toe ry, daar is 'n Red Ox restaurant wat ons kan aanbeveel."
"As jy net wil ontspan by die see is Yzerfontein great. As jy wil shop, not so much. Maar al die mense op die dorp is regtig baie nice."
"Hou dit eenvoudig sonder enige onnodige uitbreiding en dit sal altyd op my lysie wees."
"Moet sê ek was verbaas oor hoe skoon die dorp is en so ook al die dorpe op die pad tot by Keimoes toe voel dit of ek terug is in Gauteng se dorpe."
"Alhoewel die natuur in St. Helenabaai nie teleurstel nie, is daar nie 'n groot verskeidenheid winkels en restaurante nie. Paternoster het meer van 'n verskeidenheid en is darem redelik naby."