Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Die tyd van die jaar heerlik stil. Netjies en veilig, lekker groot sandstrand en golwe. Egter nie iets vir iemand wat heeltyd vermaak wil word nie. Daar is net een restaurant en kroeg en baie klein winkel, maar alle geriewe is in Grootbrak sowat 15 min se ry."
"Het maar ook sy ongewense elimente. Maar wees veilig. Mens kry dit oral. Hou baie van julle dorp en gastehuise. "
"Baie mooi en rustig, asook die badkamers by die hoofstrand is baie skoon en netjies, mense in die omgewing is baie vriendelik. "
"Sentraal geleë tussen vele stede en rustig vakansie met alles wat ons wou ervaar. Winkels, mense en natuur mooi!"
"Pragtige dorpie wat naby genoeg aan Stilbaai is om gou-gou die nodigste te kan gaan koop as jy iets nodig het. Veilig vir kinders en hul bied ook aktiwiteite vir die tieners aan. Sal definitief weer daarheen gaan."
"Sandbaai is 'n lieflike dorp naby Hermanus met al die winkels binne bereik. Die mense is vriendelik en ons het ons vakansie werklik geniet. "
"Die droogte en leë damme is hartverskeurend. Verder is die dorp skoon en die mense vriendelik. Aandblom Gastehuis was 'n wonderlike voorreg!"
"Not much in the way of shopping for basic items. Doringbaai has a better shop and the facilities at Lutzville are better."
"Besoekers aan Tulbagh moet kennis dra daarvan dat goeie winkels op Tulbagh maar skraps is."
"Dit was ons eerste besoek aan die gebied. Eerste indrukke was die natuurskoon en die netjiese, rustige omgewing."
"Slegs 'n dorpie naby aan see geleë. Nie veel om te besigtig. Wel een van die visvang bestemmings."
"Baie rustig en sentraal geleë om Saldanha, Paternoster, St Helena ens te besoek. Netjies en vriendelik en veilig om te stap."
"Gerieflik geleë vir 'n oornagting tussen Windhoek en Kaapstad met die nodige geriewe soos brandstof, verblyf en eetplekke."